2-9 Junie (gr 1 – 6)
Wat is dan meer opwindend as ‘n talent-program met ligte, beoordelaars en ‘n seremoniemeester?

Als en nog meer gaan deel wees van hierdie jaar se Pinksterreeks: Talente en Geestelike geskenke van die Heilige Gees, van KidsXpress.

Ons talente en gawes is beide in diens van God en ons naaste. Beide kom van God af. Die belangrike vraag is: Wat doen ek daarmee? Kinders gaan hierdie jaar ontdek wat hulle geestelike geskenke is en hoe hulle dit kan uitdeel.

Elke aand sal daar geleentheid wees waar die kinders hulle talente kan kom wys in spesifieke kategorieë. Dit beloof om groot pret te wees en wie weet dalk sien julle iemand wat bekend is?

 

 

Top