Kleuterpinkster (3-6 jariges)
Kinders leer die beste wanneer hulle speel. Daarom is ons baie opgewonde oor hierdie Pinksterreeks, want die wonderlikste waarheid wat ons ooit kan leer, word al spelenderwys aangeleer. Die waarheid is dat God wat ons so liefhet dat Hy Jesus gestuur het om ons van ons sondes te verlos, ons lief genoeg het om steeds deur die Heilige Gees by ons te wees, sodat ons is staat is om soos kinders van God te leef.

Voeg by die speel, lekker eet, drama en prettige handaktiwiteite en die resultaat is ‘n opwindende reeks wat die wonderlike nuus van Pinkster in kinders se harte sal plant. Kleuters gaan speel-speel leer van die vrugte van die Gees en hoe om dit uit te leef. Kom ontmoet vir “Appelliefie” en leer saam met haar hoe ons soos kinders van God leef. Sien julle daar!

Top