Sri Lanka was onlangs die slagoffer van verwoestende IS terroriste aanvalle by kerke en hotelle. ‘n Spesiale oproep het van ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka gekom om saam met hulle twee spesifieke gesinne te help en te ondersteun. Beide gesinne het familielede (ook broodwinners) verloor en het tans nog kinders in ICU weens beserings en wonde opgedoen tydens die ontploffings. Een gesin is van die Katolieke Kerk, St. Anthony's Shrine in Negombo naby Colombo en nou verwant aan een van die CRCSL leraars en ons Sri Lanka projek. Die ander gesin is van die Protestant Zion Church in Batticaloa aan die Oos-kus van Sri Lanka.>>

Die effek van die bomme is wreed en verskriklik. Weens die verbod op sosiale media en Whattsapp in Sri Lanka, is kommunikasie tans moeilik, maar meer inligting oor die gesinne sal mettertyd bekom word.

Finansiële bydraes sal baie waardeer word en ‘n direkte positiewe impak op die geaffekteerde mense maak. Die fondse sal noukeurig deur ons Sri Lanka projekspan en die CRCSL bestuur word.

Betalings kan gemaak word aan:
Helderberg Uitreik
ABSA Helderberg
Rek nr 911 4483 080
Verwys: Rampfonds SL
Navrae: Paul Kilian 

 

Top