Hierdie projekspan besoek die Helderberg Hospitaal elke tweede Saterdag om liefde en deernis uit te dra aan die siekes en personeel…om Jesus se hande en voete te wees en Sy liefde te gaan uit deel in die donker van hierdie wêreld.

Ons besoek grotendeels die ongevalle, kraamsaal en kindersale, maar ook soms die hele hospitaal, soos ons voorraad hou. Tydens ons besoeke deel ons koekies, koeldrank, Bybels, Christelike literatuur en gebreide items uit.

Om vir siekes en mense wat deur moeilike tye gaan te bid en te bemoedig, is ‘n voorreg en ‘n groot deel van ons uitreik.

Ons het ʼn groot behoefte aan meer vrywilligers wat bereid is om tyd met pasiënte te spandeer, vir hulle te bid en te bemoedig.>>

Ander behoeftes van die projek: Marie-koekies, aanmaakkoeldrank, enige klein babaseep, room, Vaseline, oorstokkies, doeke, ens, asook babaklere vanaf newborn - 3 maande.

Baie dankie vir almal se ondersteuning en gebede vir hierdie projek.
Indien jy graag betrokke wil raak by hierdie projek, skakel gerus projekleier Miemie Heeringa

Top