'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hoe voel jy oor die Kaapse winter? Vir party van ons is dit ‘n moeilike tyd – ander geniet dit regtig terdeë. Ons lewe gaan, net soos die natuur, deur ‘n ritme van seisoene. Ons is nou diep in die Kaapse winter. Dalk is jou lewe, en jou geestelike lewe, ook nou in ‘n wintertyd? Jy is nie alleen nie en daar is baie faktore wat dit op die oomblik vir baie mense wintertyd wil maak. Paulus (Romeine 5) en Petrus (1 Petrus 1) skryf oor sulke wintertye in ons lewe. Danie Möller gesels Sondag in ons uitsaaidiens hieroor.

Die dienste is beskikbaar op ons YouTube-kanaal, ons Facebookblad, webblad en ook op die gemeente se WhatsApp-groep. Sondag se deurkollekte gaan vir Bediening aan Jode.

- Ons land
- Mediese personeel
- Besighede en die ekonomie
- Almal wat veg met siekte, nie net Covid nie
- Mense wat rou en alleen is
- Spesifiek ook ons gemeente en kerke

Om êrens ‘n merkbare verskil te maak, gee soveel waarde aan die lewe. Jy kan verseker ‘n verskil maak met jou kennis, kundigheid, ervaring en menswees. Ons het net die geleentheid vir jou. Die Beheerraad van Strandsorg soek mense wat graag ‘n verskil wil maak in die lewe van ouer mense. Ons vra nie jou geld daarvoor nie.

Ons is op soek na manne en vroue met entoesiasme, kennis van bestuur, leierskap, finansies en besigheid om Strandsorg te help om dié plek te wees waar ouer mense met waardigheid versorg word – natuurlik ook nie net by ons twee tehuise nie, maar ook binne die gemeenskap. Strandsorg is verantwoordelik vir Huis Esperanza wat fokus op ouer mense met dimensie en Alzheimer’s, en Huis PAM Brink wat fokus op ouer mense wat bystand versorging en hoësorg benodig. Ons nooi jou graag om jouself beskikbaar te stel om op die Beheerraad te dien.

Belangstellendes kan vir Hannes Theron kontak by 083 375 8443 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Maak ‘n bod op die pragtige skildery van André Vorster ten bate van die Colours of India-projek van Helderberg Uitreik. Skildery is 38.5cm x 24.5 cm en met raam 45cm x 31cm. Stuur asseblief jou bod na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Veiling sluit 26 Julie. Meer oor die kunstenaar: Andre has been painting fulltime since 1986 and since then his paintings not only found homes all over the world, but organizations like Anglo-Am, Embassy of the U.S.A., University of Pretoria, Standard Bank, Vodacom etc. deemed his work an investment!

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri