'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Corneille Barnard was 13 lank lid van Helderberg Gemeente en vertrek aan die einde van die maand na haar nuwe tuiste in Hartenbos. Sy het diep spore in ons gemeente getrap en was vir 11 jaar by die kerkkantoor betrokke waar sy verskillende rolle vervul het – van leraarsekretaresse tot gasvryheidskoördineerder tot aanbiddingskoördineerder.

As ‘n mens vir Corneille vra wat sy die meeste van Helderberg gaan mis, is haar antwoord “Mense, mense, mense …..Helderberg se verskeidenheid mense wat jou aanvaar net soos wat jy is.” Corneille is seker die persoon wat die meeste mense gehelp het om ‘n aktief by Helderberg in te skakel. Sy het mense se gawes raakgesien en hulle gehelp om by ‘n bediening betrokke te raak waar hulle hul gawes kon uitleef.

Daar is verskillende prentjies van Corneille wat voor ons oë afspeel: ons sien haar lag saam met haar omgeegroep; ons sien haar agter die kospotte of trollies rondskuif by ‘n gemeentefunksie; ons sien haar speel saam met die kinders by Divorce Care; ons sien haar in die Tent saam met die “Kreatiewe Kuiergroep”; ons sien haar rondhardloop by die kerk om Levi’s te organiseer; ons sien haar bid saam met iemand in nood; ons sien haar as die vriendelike gesig by die inrykerk.

Corneille gaan betrokke wees by “Creative Hands” in Hartenbos. Ons wens is dat die hand van God altyd met haar sal wees en dat sy ook daar ‘n verskil sal maak: “ook daar sal U hand my lei, u regterhand my vashou” (Ps 139:10).>>

Lees verder: Ons groet vir Corneille

Ons wens die twee spanne van 2021 se Rapportryers Bybelvasvra-spanne van De Hoop Laerskool, baie sterkte en voorspoed toe. Hulle neem almal in die komende week deel aan die uitdaagrondte van 2021 se Rapportryers-Bybelvasvra. Verlede jaar is die vasvra gekanselleer weens Covid, maar hierdie jaar is daar planne beraam, die formaat van die kompetisie verander en vind alles nou digitaal plaas.

Die vier graad 7 meisies, loop al ‘n pad saam vir 5 jaar. Twee mammas van ons Gemeente, Liesl van Zyl en Annette Derks het hulle hierdie jaar onder hulle vlerk geneem en die afrigting hanteer. Hulle is in 2019 gekroon as die top junior-span van regoor die hele land, uit 30 spanne. Die junior-span is ‘n nuwe groepie wat ekself afrig en wat bestaan uit drie graad 4’s en een graad 5 leerder. Die meisies het hard gewerk aan hulle voorbereiding. Die teksgedeeltes vir hul voorbereiding was: Markus 1-8, 1 Kor 13-15 en dan 2 Koning 1-15. Nogal baie om te onthou. Wat ‘n wonderlike en lekker manier om so te kon besig wees in God se Woord en saam te kon leer van God en van mekaar.

Ons hou julle op hoogte van wat gaan gebeur.

Lizl Botha (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

Juniors op foto links: Isabel Visser, Nina Botha, Jesse Nieman en Liani Derks
Seniors op foto regs: Judith de Bod en Anné Botha, Marli van Zyl en Milah Derks

Sondag 22 Augustus
Ons gesels hierdie komende Sondag saam vanuit ’n nagmerrie in die Kinderbybel. Die verhaal van Daniël in die leeukuil is seker een van die bekendste verhale in die Ou Testament. Kinders blaai vinnig na die prentjie van Daniël wat rustig sit in die teenwoordigheid van honger leeus. Dis hoogs indrukwekkend. Die Here stuur engele om die bekke van die leeus te sluit. En Daniël sit rustig.>>

Lees verder: Die vriende op wie se skouers ek staan

Onthou die pos sluit Vrydag, kliek hier vir meer.

Ons hervat die studie van 1 Timoteus 4 onder die tema: Ons mág verskil of Eenheid in verskeidenheid. Die uitdeelstuk is reeds per e-pos gestuur, maar indien dit nog benodig word, kontak Derek per e-pos by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier. Ons vra dat almal die Skrifgedeeltes vooraf lees en die bespreekpunte besin.

Hier is die skakel vir Donderdag se Zoom-sessie:
https://us04web.zoom.us/j/78583933896?pwd=RS81MUhXcFFIbVdnSFg3OVJqWWlnUT09
Meeting ID: 785 8393 3896
Passcode: nM2CFQ

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri