'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

 

Kersfees is ‘n Jesusfees
“Kersfees is ‘n Jesusfees, Christus het gekom, wees saam bly oor Hom.”

Ons gelowiges weet dat Kersfees oor baie meer gaan as die gee van geskenke. Ons gaan die jaar afsluit met ‘n wonderlike reeks van KidsXpress met die hoop dat nuwe, betekenisvolle rituele en tradisies in baie gesinne sal posvat rondom Kersfees, rituele en tradisies wat ook die volgende geslag kinders in Kerstyd sal laat vra: “Gaan ons weer saam die huis versier en oor Jesus praat?”

Die reeks is aangepas vir ons kleuters en strek oor ses geleenthede. Elke week maak die kinders opgewonde ‘n kersboks oop om te kyk wat hulle daarin gaan kry. Aan die hand van wat uit die boks kom (klokkie, rooi versierings, harte, goud en silwer versierings, sneeuvlokkie) leer hulle dan meer oor Jesus ons Verlosser se koms en dat ons Kersfees vier met harte vol liefde, waaroor die gee van geskenke regtig gaan en oor die verhaal rondom Jesus se geboorte. Die kinders gaan ook elke week ‘n kersversiering maak wat hulle kan huis toe neem aan die hand van die oggend se verhaal.

Mag hierdie paar Sondae ‘n blywende indruk laat op ons kleuters. Baie dankie aan ons passievolle lesaanbieders wat elke week met soveel oorgawe die lesse tuisbring.

4 Lines Sports Coaching bestaan uit vrywilligers wat hulself ten doel stel om afrigters en spelers te bemagtig om tot eer van God ‘n volhoubare verskil te maak in en deur sport en rekreasie aktiwiteite.

Lewensvaardighede, bewegingsvaardighede, tegniek/taktiek word gedeel en aangeleer. Geskenkte sporttoerusting word met toeligting versprei aan gemeenskapsorganisasies, klubs, skole en uitreik-organisasies in die Helderbergkom en waar behoefte bestaan. Opleiding in lewensvaardighede, bewegingsvaardighede en sportbestuurbeginsels is gedeel met gemeenskappe in Piketberg, Kayamandi, Mannenberg en Croydon.

Persone wie betrokke wil raak en wat moontlik hul vaardighede kan aanwend tot hulp van 4 Lines se inisiatiewe is welkom om ons te kontak. Dit bly ‘n voorreg om HOOP deur sport uit te dra.

Groot dank aan ons Vader wie aan ons die gawe van afrigting gegee het. Dit is ‘n vreugde om dit te deel. Baie dankie ook vir elke persoon wie vir 4 Lines bid. Kontakbesonderhede: Hendré Smit en Ilse Anthonissen 

“Coaching ordinary principles for extraordinary results”

 

 

 

 

 

 

Baie geluk aan die wenners van die fotokompetisie.
Eerste – Foto 2 – Sri Lanka
Tweede – Foto 9 – Colours of India
Derde – Foto 8 – Helderberg Babas

Dankie aan almal wat deelgeneem en gestem het.

Na ’n lang tydperk waarin Covid ons vasgekeer het, wil ons graag weer gedagtes uitruil oor ons seniorklub. Op Dinsdag 12 Oktober om 9:30 kom ons bymekaar in die Tent. Kom word deel van ons dinamiese seniorklub wat maandeliks vergader. Ons beoog interessante onderwerpe vir bespreking en ook natuurlik wonderlike sosiale interaksie en omgee. Ons het dit nodig om weereens saam te kuier.

Vir meer inligting kontak Isabel Lubbe by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. (082 844 0735) of Appelonia Maritz (082 507 7091) of Maurien Rautenbach by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. (082 308 6371).

Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.

– Helderberg Seniorklub.

Mense is geneig om dinge uit te stel. Ons dink ons gaan dit later doen. Ons gaan later die Here voluit dien. Ons gaan later meer tyd aan ons gesin spandeer. Ons gaan later uitreik na ’n vriend in nood. Ons gaan later meer bid. Ons gaan later vir ons bejaarde ouer kuier.

Prediker 11 en 12 roep ons op om nié uit te stel nie. Prediker 12:1 sê: Dink aan jou Skepper in jou jong dae, voordat die dae van teenspoed kom, en jare aanbreek waarvan jy sal sê, “Vir my is daar geen vreugde nie.”

Covid het ons geleer om nie uit te stel nie. Ons het geleer dat die later dalk te laat gaan wees. Nou is die beste tyd om die Here voluit te dien. Nou is die beste tyd om liefde vir ander te bewys. Moenie wag tot later nie. – Danie O’Kennedy

Ons lewende eredienste is Sondag 09:00 en 19:00. As jy nie daar kan wees nie, kan jy ook na ons YouTube-boodskap kyk of inskakel op die direkte uitsending.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri