'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Lees asseblief vooraf Gal 5:13-26 (vrug van die gees) en ook Matt 5:1-48 (letter en gees van die wet).

Hier is Donderdag se Zoom-skakel: https://us04web.zoom.us/j/76429996910?pwd=YmsrNEx1ZmlqSm9Md3JoTDQzRHBIQT09
Meeting ID: 764 2999 6910
Passcode: nv628P

Daar kan moontlik beurtkrag wees.

Psalm 104
Dit kan gebeur dat ons so vasgeval is in ’n deurmekaar wêreld dat ons sukkel om vir God raak te sien. Ons raak nie meer opgewonde oor God nie. En dan help dit om doelbewus terug te staan en vir God as die Almagtige Skeppergod raak te sien – van die kleinste babatjie tot die grootste walvis. Psalm 104 is een van die Skeppingspsalms en help ons om God as Skepper te loof. Die Psalmdigter getuig: “Hoe talryk is u werke, Here! Alles is met wysheid deur U gemaak; die aarde is vol van wat aan U behoort” (v 24).

’n Mens staan in verwondering oor hierdie Skeppergod en ons het amper nie genoeg woorde om sy lof te besing nie. Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste. Ons wil mekaar help om op ’n nuwe manier vir God raak te sien te midde van ’n deurmekaar wêreld.

Danie OK

Skryf in vir die belydenisaflegging by die klassieke of informele diens. Registrasie vir aansoeke sluit 15 November, kliek hier vir die vorm.

Die Projek vir Gestremdes se missie is om persone met gestremdhede by te staan, hetsy finansieel of deur daad waar nodig. Ons deel graag die kort video omdat dit ‘n mooi vergelykking met ons projek is. Daar is baie gebroke skoenlappers in ons gemeenskap en danksy hierdie gemeente kon en kan ons nog steeds vlerkies heelmaak omdat julle gereeld ‘veertjies” voorsien.

Dankie vir die gereelde bydraes. Ons wil graag ‘n groot fondsinsameling poging soos ‘n gholf dag reël en nooi graag persone om betrokke te raak hetsy deur te help met beplanning of om deel te neem. Kontak ons per epos op Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Kyk gerus na die kort video by die volgende skakel: https://www.dropbox.com/s/ogjhoayyb2av4yo/Projek_vir_gestremdes_17_10_2021.mp4?dl=

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri