Ons verwagtinge vir ons eerste amptelike byeenkoms van Sondag 22 Januarie is heeltemal oortref en daar moes nog stoele nader getrek word om vir almal sitplek by die reeds oorvol tafels te gee.

Die gevoel van die byeenkoms kan beste beskryf word deur ‘n paar aanhalings van ons span:
“Ek geniet die interaksie regtig baie! Dis lekker om “geken” te word, en om die ander mense te leer ken. ‘n Mens voel nie soos net nog iemand wat kan verdwyn in die massa nie.”
“Ek hou van die karakter, intimiteit en informaliteit van om rondom tafels te sit. Die feit dat ons tyd vir groep geselsies het, maak die ervaring soveel meer persoonlik.”
“Die spontane gevoel van vriendelikheid en spontaniteit was tasbaar.”
“Ai, dis opwindend om by iets nuuts betrokke te raak. Dis heerlik om nuwe mense te ontmoet. Alhoewel verandering vir sommige 'n uitdaging sal bly, kan ek met opregtheid sê dat ek 'n ontmoeting met God ervaar het. Die woordverkondiging was 'n seën en ek het baie geleer uit die getuienisse wat rondom die tafel gedeel is. Sommige van die bydraes het my genoop om weer te gaan dink, en weereens tot die besef te kom, dat ons God nooit werklik sal kan begryp nie. Ek glo ook dat 'n mens nie geestelik kan groei as mens in 'n gemaksone verval het nie.”>>

Lees verder: Nuus van Hoop Geloofsgemeenskap

Die Helderberg Beradingsentrum bied vanaf Maandag 6 Februarie 2017 ‘n 11 weke beradingskursus aan wat fokus op narratiewe beradingsbeginsels en nooi graag belangstellendes uit om dit by te woon.

Persone wat belangstel om hierdie kursus by te woon moet ‘n werklike behoefte hê om berading te doen. Daar is beperkte plek en belangstellendes moet registreer voor 30 Januarie 2017.

Kry die inligtingsvorm op die webblad of by die kerkkantoor. Koste is R400 per persoon en vir huidige beraders is dit halfprys.

Navrae kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kom blom saam HIER waar jy geplant is en kuier saam na die aanddiens in die tent op 29 Januarie en 12 Februarie. Alle aanddiens kerkgangers is welkom.

Hierdie naweek bring nuwe fokus vir hulle wat jonk of reeds ervare is, die suksesleer wil klim of reeds daar is, ongeag jou sosiale, finansiële, geestelike, posisie waar jy jouself plaas… dit sal jou lewe verander!

Die aanbieder is Gerhard van der Merwe. Die kursustye is van Sondag, 19 Februarie 2017 van 15:30-21:00 en dan op Maandag, 20 Februarie 2017 van 18:00-21:00. Die kursusfooi behels R2 000.00 per persoon en sluit alles met ‘n werkboek en opvolgafsprake in.

Belangstellendes kan vir Hannes Theron vir meer inligting kontak. Hy sal dan vir jou ‘n inskrywingsvorm aanstuur.

Kom verskerp jou fokus, vernuwe jou visie en ontdek jou ideale toekomsplan.

 

Dit gaan lekker wees.

Top