'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Wil jy deel word van die span en mense verwelkom by die dienste of dalk ‘n barista wees? Ons wil graag ‘n barista-kursus aanbied.

Ons leef in ’n wêreld waarin mense voordurend dinge vra of selfs “demand”. Die vraag is: staan ons as Christene bekend as dankbare mense? Kol 3:14-17 praat op ’n praktiese manier oor die nuwe lewe in Christus, onder andere oor dankbaarheid (v 15). As ons in verwondering staan oor Jesus se genade, kan ons nie anders as om dankbaar te wees nie.

Ons wil vir die Here dankie sê met ons monde deur gebed en lofprysing (v 16). Ons wil die dankbaarheid uitleef in alles wat ons doen (v 17) – met ons tyd, gawes en geld. Ons wil in alle omstandighede dankbaar wees (2 Thes 5:18). Dankbaarheid duur nie net een maand of een Sondag in ’n jaar nie. Dankbaarheid is ’n lewenswyse.

Danie OK

Ons sien jou Sondag in die kerk:
Klassieke diens 08:00
Meditatiewe diens 08:30
Informele diens 09:30
Kiddie- en Tekkiekerk 09:30
Tienerkerk Tentkuier 18:00
Aanddiens (Kapel) 19:00

Ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka se embleem is ‘n groot afgekapte boomstomp met ‘n nuwe takkie waar blare groei. Dit is so sinoniem met dit wat tans gebeur. Alles begin by ‘n huisgesin waar ander huisgesinne nuuskierig word en die geloofsgemeenskap so groei dat hulle ‘n gemeente word, waaruit nuwe gemeentes ontwikkel.

Die Sri Lanka Projekspan is nog steeds betrokke by 3 bedieningspunte, waaruit daar vele ander bedieningspunte ook ontstaan het. As gevolg van veiligheidsredes wil ons eerder nie name en dorpe noem nie, omdat hulle dalk onnodig blootstel kan word. Die projek befonds die drie leraars se vergoeding.

Die leraars is baie innoverend om die Woord op kreatiewe maniere by onbereikte gemeenskappe te kry. By die bedieningspunte kom mense tot bekering, dissipelmaking vind plaas, daar word intens in jeugleierskap investeer, die kerk groei en kerkplanting vind plaas. Uit die bedieningspunte ontstaan nog kleiner gemeentes wat ook fluks groei. God is hard aan die werk in Sri Lanka. Om hierdie groei te sien, te ervaar en positiewe terugvoerings te kry oor hoe hulle groei, maak ons nederig. Dis altyd wonderlik om die woord groei te hoor. Dis positief en verblydend. Dis wat dit vir ons as projekspan bemoedig om deel te wees hiervan.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Sri Lanka Projekspan

Baie dankie dat jy saam met ons bid en vir jou offergawe in hierdie tyd van dankbaarheid.

Word deel van die groep en kry so maklik die dienste. Op die webblad se voorblad onder "Vir jou" is ook die stappe.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri