'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons behandel Studie 2: God se heiligheid. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans). Die groepe kom 10:00 by die kerk bymekaar en om 09:00 is daar ‘n Zoom-byeenkoms.

Hier is die skakel vir hierdie week se Zoom-byeenkoms: https://us04web.zoom.us/j/74617278931?pwd=vU-g5ET2qstmEmcQu5Wa-hDv9K8cWk.1
Meeting ID: 746 1727 8931
Passcode: X2kq3T

Die afskop van ons 7-weke geloofsreis verlede week, was ‘n wonderlike belewenis. Die energie en opgewondenheid was Sondag merkbaar en ‘n inspirasie vir die groot klomp mense hier.

Hierdie week is ons in gesprek met God oor heiligheid. Ons fokus op die gebed: Laat U Naam geheilig word! Ons bid dat God gesien en geëer sal word as magtige en wonderlike God, en dat dit by onsself sal begin.

Dit is nou die geleentheid om die pad van ‘n nuwe begin en geloofsgroei saam met ons te stap. Ons gebruik ‘n gids, 7 weke in gesprek met God. Jy kan dit hier aflaai of Sondag ‘n boekie by die kerk kry. Die Ons Vader gebed is hierin die basis vir persoonlike meditasie, gesprekke, groepe en die erediens. Sien jou Sondag.

Danie Möller

Kom deel jou storie ook by die jeugbediening en word 'n groepleier.

Kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons nooi jou uit om saam te kom bid op Dinsdagoggende om 6:00-6:45 in die Kapel. Dit is ’n besondere ervaring om saam met ander te bid.

Mynhardt van Zyl (38) is pas aangestel as deeltydse leraar van Hoop Geloofsgemeenskap. Hulle vorige predikant, Marizanne Pfeil-Wessels, is verlede week in De Aar bevestig.

Almal wat in die omgewing van Curro Sitari woon, word genooi om Hoop Geloofsgemeenskap se eredienste Sondae om 9:00 daar by te woon en vir Mynhardt te ontmoet. Hy en sy vrou, Lize-Maré, bedryf ook Jacks Bagels in Stellenbosch en die Paarl.

So vertel Mynhardt: “Ek en my gesin het in 2021 na Stellenbosch verhuis vanaf Port-Elizabeth. My droom vir Hoop Geloofsgemeenskap is dat ons soos suurdeeg in ons gemeenskap sal wees: ‘n klein groepie ‘committed’ dissipels wat ‘n groot verskil maak! Ons fokus vir die eerste deel van dié jaar is om verhoudings te bou en ‘n atmosfeer van intimiteit tydens die eredienste te skep. Ons wil ‘n “anderse” soort kerk wees.”

Baie welkom Mynhardt.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri