'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons hou 12 Maart Mini Basaar. Dis 'n lekker geleentheid om gesellig te verkeer met mekaar en 'n fondswerwing vir die kerk ten bate van herstelwerk aan die parkeerarea.

Wat hoor ons in die bede: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”? Ons hoor ‘n God wat weet dat ons fisieke behoeftes in die lewe het en wat ons graag daarmee wil help. Hierdie behoefte aan “brood” word genoem vóór ons geestelike behoeftes. Die Here weet dat ons bekommerd raak oor daaglikse dinge wat ons nodig het en gee aandag daaraan.

Matt 6:30 sê: “As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges.” Verseker kan ons na die Here toe kom met al ons bekommernisse en sorge. Die waarheid oor God is dit: Hy het ons liewer as wat ons Hom het. Hy gee vir ons meer om as wat ons vir Hom omgee. Hy is meer gereed om ons te antwoord as wat ons met Hom praat. Hy wil ons help nog voordat ons om hulp vra. Dít is die God wat ons dien.

Ek nooi jou uit om Sondag, aan die hand van my pad met God en Sy voorsiening en troue sorg, weer verseker te kom word dat ons God ook die God is wat altyd voorsien en sál bly voorsien in ons daaglikse brood. Jy word ook uitgenooi om te kom aansit aan die feestafel en deel te hê aan die tekens van die brood en wyn wat ons kom versterk in die wete dat God ook getrou is aan Sy naam: Jahwe Jireh – Die God wat voorsien!

Lizl Botha

Dit is Sondag Lizl se intreepreek by die Klassieke diens, Informele diens en Aandkerk.

Ons nooi jou na nagmaal hierdie Sondag. Dit is ook Lizl Botha se intreepreek by die Klassieke diens, Informele diens en Aandkerk.

Hou die datum oop op jou kalender.

CS Lewis het gesê dat die wese van die hel ten diepste niks anders is nie as dat ons onophoudelik ons eie wil soek en dit wil laat geskied. Hel is dat God ons oorgee aan ons eie wil en sê: Nou goed, doen dit en dra die gevolge.

Ons staan hierdie week stil by Laat U wil geskied. Soms wonder ek of ek regtig kans sien om dit te bid, weet ek nie of ek bereid is om my beplanning en idees prys te gee om te doen wat God vra nie. Om hierdie woorde te bid is nie net om terug te sit en te wag totdat God doen wat Hy wil nie. Dit is om aktief te vra Here wat is vir U nou belangrik en dan my behoeftes terug te sit en besig te raak met wat vir God belangrik is. Gebed, die gesprek waar ons met God praat, word die plek waar God met ons praat. Maak bietjie ‘n lys met twee kolomme, aan die een kant skryf jy die dinge wat nou jou prioriteite is, waar jy jou menswees gee. In die tweede kolom skryf die dinge neer wat jy nou dink vir God belangrik is. Indien hierdie twee ooreenstem kan jy met gemak bid: laat U wil geskied. Indien nie, moet jy saam met ons kom soek voor God na maniere hoe om die twee in lyn te bring. Dit is nie net vir ons as mense moeilik nie, ook vir Jesus was dit ‘n moeilike stryd. Ons kyk hierdie Sondag saam na Matt 26:36-48.

Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri