'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Onthou ons kerkkantoor se ure gedurende die skoolvakansie wat hierdie Vrydag begin.

 

Daar is sekere gebeure in ’n mens se lewe wat jy nooit sal vergeet nie. Dink byvoorbeeld aan jou troudag, ’n kind se geboorte, die eerste keer wat jy ’n verbintenis aan Jesus gemaak het, ens.

In Josua 5:2-15 lees ons van drie belangrike gebeurtenisse net voor die intog in die Beloofde Land: (1) Die volk Israel word opgeroep om hulle te besny (vv 2-9); (2) Die Pasga word by Gilgal gevier (vv 10-12); (3) Josua het ’n besondere ontmoeting met ’n verteenwoordiger van die Here (vv 13-15). Hierdie gebeure het die volk herinner aan wie God is en alles wat Hy vir hulle gedoen het.

Die grootste gebeurtenis waaroor die Bybel praat is Jesus se sterwe en opstanding. Dit is nie net ’n treffende verhaal of ’n mooi ritueel nie. Dit het elkeen van ons se lewens drasties verander. Ons mag dit nooi vergeet nie.

En as ons weer hieraan herinner word, wil ons ook soos Josua ons skoene uittrek. Ons kan nie anders as om hierdie lewende Jesus te aanbid nie.

Danie O’Kennedy

Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid
Wat ‘n voorreg is dit nie om in hierdie tyd deel te kan wees van Helderberg Gemeente nie? Ons het die afgelope naweek behoorlik fees gevier met ‘n wonderlike mini-basaar. Ons kon kuier en eet en gesels saam met ou en sommer baie nuwe vriende.

Ons het ook hierdie naweek ons gemeente se reis van “7 weke in gesprek met God” afgesluit. Die Ons Vader gebed het vir ons nuwe deure oopgemaak in ons geloofslewe en in ons verstaan van God. Die lekkerte was dat ons almal saam daarmee besig kon wees.

Hierdie Sondag is ons tema die uitroep van lof wat in die kerk deel geword het van die einde van die Ons Vader gebed “Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid, tot in ewigheid. Amen”.

Kom gee hierdie Sondag in ons eredienste saam met medegelowiges die eer en die lof aan God. Daar is nie Sondag jeugaksie nie. Dit is ‘n goeie geleentheid om as gesin saam die diens te kan bywoon.

Danie Möller

Ons is baie dankbaar vir 'n baie geseënde basaar.
Inkomste R71 808-10
Uitgawes R31 576-53

En 'n wins van R40 231-57

Baie dankie vir elkeen van julle.

Hierdie is 'n grafiese voorstelling van Helderberg Gemeente se finansiële resultate vanaf Maart 2021 - Februarie 2022.
Ons is baie dankbaar vir elke bydrae wat ontvang is.

Navrae: Chris Eagar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri