Ons hou weer ʼn lekker gemeentekuier op Vrydag 3 Maart in die parkeerterrein voor die kapel.

Tafels en stoele is beskikbaar – bring jou eie mandjie met eetgerei en drinkgoed. Dit is ‘n heerlike geleentheid om saam te kuier en nuwe mense te leer ken. Of nooi jou omgeegroep om saam te kom kuier.

Vir die wat wil braai sal daar vure gereed wees vanaf 18:00 – bring jou eie braaivleis, rooster en braaitang. Daar is hoender of beesstert potjiekos @ R30 vir die wat net wil kom saamkuier. Jy kan ook roosterkoeke @ R5 en bakkies nagereg @ R10 koop. Alle kaartjies moet asseblief vooraf by ontvangs gekoop word sodat ons weet vir hoeveel om voor te berei.

Epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met jou bestelling en betalingsbewys (verwysing: braai). Ons bankbesonderhede is, rekeningnaam: NG Kerk Helderberg, ABSA Bank Somerset-Wes, rekeningnommer: 2900 5900 94, Takkode: 632 005. Betaalde kaartjies kan vooraf of by die braai afgehaal word.

Kom geniet dit saam met ons.

Die Tekkiekerk kweek intensioneel ‘n gemeenskap van kinders deur getrou te bly aan die Woord van God. Ons is verantwoordbaar teenoor mekaar: volwassenes teenoor volwassenes, maar ook volwassenes teenoor kinders.

Programme mag sekerlik meer sigbaar wees. Die buitestaander mag dalk dink dat dit is wat ‘n jeugbediening suksesvol maak. #Tienerkerk sien ons roeping eerder as dissipelskap i.p.v. aktiwiteite.

#Tienerkerk se eerste reeks “Wonderful Adventure” sluit af op 19 Februarie 2017 om 18:00. Op 26 Februarie begin die volgende tema vir die kwartaal. 

Alle ouers word uitgenooi na 19 Februarie se lofprysingsgeleentheid waar nagmaal ook bedien sal word. By hierdie intensionele lofprysings-geleentheid gaan  jongmense in hul drome kan tree langs die verlossing van Jesus Christus. As jongmense van Helderberg, die Helderbergkom en ook wyer, vier ons die gawes wat ons ontvang het van God sodat ons dit verantwoordelik kan uitleef in God se droom vir ons.

Navrae: JC de Jongh

Die goeie nuus is dat God die middelmuur van skeiding tussen ons en Hom, tussen ons en ander tot op die grond afgebreek het (Efesiërs 2). Jesus is die ware vredemaker en waar dit soms mag lyk asof vrede nooit ’n werklikheid kan word nie, maak God dit moontlik.

As ‘n geloofsgemeenskap hierdie “band van vrede” wat die Heilige Gees tussen ons gesmee het vir hulself toeëien, raak dit ’n brughoof van die vrede wat God tussen alle mense bring.

Die probleem is dat ons onbewustelik en soms ook bewustelik mure bou en juis nie afbreek nie. Ons bou mure deur ons persepsies van ander, deur ons stereotipering, deur al ons verskillende fobies, vrese en veroordeling. Dan is daar natuurlik ook ons ingesteldheid van ek is eintlik beter as die ander.

Hoe sou ons die goeie nuus van vrede in wording kon wees? Wat is die mure wat ek bewustelik en onbewustelik bou? Hoe help ons mekaar om hierdie mure af te breek sodat die goeie nuus as werklikheid beleef kan word?

Dit is toe nie “#Feesmustfall”, maar eintlik “#Wallsmustfall”

Top