'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Welkom terug aan almal wat die wintervakansie rondgeloop het. Hierdie Sondag skop ons die kwartaal af wat in die winter begin en in die lente eindig! Al die aktiwiteite kom weer aan die gang en ons sien daarna uit om jou by die kerk te sien.

Een van die lekker dinge van die lewe is ‘n taai Wilsons-toffie. Maar hy is nie dadelik lekker nie. Jy moet eers ‘n manier vind om hom sagter te kry. Daar is in ons lewens ook baie sulke taai toffies. Lekker dinge, maar dit vra eers bietjie werk van my. Ons gaan in die preke van hierdie kwartaal op ‘n paar praktiese taai toffies van ons lewe fokus, en hopelik die lekkerte van elkeen weer ontdek.

Sondag is die vraag hoe ons in vandag se taai-toffie-tye toekomsgerig en met hoop kan lewe.

Die sleutelteks is Klaagliedere 3:21-24
Dit roep ek in herinnering, daarom het ek hoop:
Die troue liefde van die HERE vergaan nie, want sy ontferming ken geen einde nie.
Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid.
My erfdeel is die HERE, sê ek; daarom hoop ek op Hom.

Sien jou Sondag
Danie Möller

Dit is met groot vreugde dat ons kan aankondig dat Melanie Smit aangewys is as nuwe Uitreikbestuurder van Helderberg Gemeente. Melanie sal op 1 Maart 2023 diens aanvaar.

Sy is tans ‘n Senior Stafoffisier by die Suid-Afrikaanse Lugmag Kapelaansdiens waar sy die kapelaansdienste in die Suid-Afrikaanse Lugmag bestuur en koördineer. Sy was gedurende 2013 tot 2016 as Lugmagkapelaan by Ysterplaat Lugmagbasis stasioneer en as leraar aan Helderberg Gemeente gekoppel.

Melanie is ‘n sprankelende persoon met ‘n passie vir verhoudings, dit is met God, met mense en met haarself. Sy geniet avonture na nuwe lande en geleenthede. Dit stel haar bloot aan diversiteit en bied uitstekende geleenthede om te groei en netwerke te ontwikkel.

Sy pas maklik aan in nuwe omstandighede en stap graag ‘n pad saam met mense om so ‘n gemeenskap te ontwikkel waar mense se waarde gesien word deur God se oë.

Doktorale studie by Helderberg se Klassieke Diens geïmplementeer

Yolanda Botha, ons orrelis, is besig met nagraadse studies wat wil bepaal watter rol meditatiewe musiek en stilte op ons geestelike ervaring in 'n tradisionele NG diens het. Ons samelewing is altyd bedrywig, word gebombardeer met beeld en klank en daar is min kans om tot rus te kom en by God se voete stil te word. Met die implementering van hierdie studie, wil Yolanda bepaal hoe nodig ons eintlik hierdie oomblikke van rus en oordenking het.

Ons is baie opgewonde dat ons gemeente kan deel uitmaak van hierdie navorsing in die Suid-Afrikaanse Gereformeerde veld, en glo dit sal dieper insigte verskaf oor ons aanbidding wat vir gemeentes regoor Suid-Afrika (en die wêreld!) kan help om op dieselfde wyse 'n dieper verhouding met God te ontdek.>>

Lees verder: Wees stil en weet ek is God

Paul is baie lief vir sy Land Rover en fotografie, maar nog meer vir sy vrou en gesin. Hy bid gereeld vir die nuwe lidmate en die mense op die gebedslys as hy langs die viswaters stil tyd met die Here spandeer. Paul het ‘n groot passie vir God en ‘n hart vir mense en ‘n wêreld in nood. Jy kan vir Paul kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

In hierdie winter tyd raak ons bewus van die tempo wat stadiger is, kies ons doelbewus om weer met passie en doel te lewe. Kies ons doelbewus om ons lewens weer toe te wy aan God. Dit is egter ook die tyd dat ons behoefte aan ‘n maat die grootste is. Wanneer almal daarna verlang om langs iemand te sit wat hulle warm hou. Daarom is dit seker nie snaaks as die meeste mense aanmeld vir huwelik/verhouding pastoraat juis in die wintertyd nie.

In die ander seisoene is mense besig, baie keer besig met hulle eie dinge, maar nou word ons gedwing om meer tyd saam te spandeer. Vir party is dit ‘n groot vreugde vir ander juis weer die tyd waar hulle bewus word dat hulle verhouding stukkend is.

Hierdie Sondag praat ons spesifiek ook verhoudinge en wat ons nodig het om ons verhouding gesond te hou en nader aan mekaar en God te groei.

Paul Barnard

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri