'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die naweek van 23-25 September vier ons Helderberg Gemeente se verjaarsdag.

Hierdie week stel ons die laaste personeellid bekend: Lize is baie lief vir haar man en seun en sy het in Helderberg grootgeword en die Here hier leer ken. Haar kantoor is vol van haar skilderye en sy is baie gelukkig met ‘n verfkwas in die hand. Sy is ook deel van die Beradingsentrum en het veral ‘n hart vir vroue wat lewensmoeg is. As jy betrokke wil raak by kommunikasie, kontak haar gerus by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

God se Musiek | God's Music
Musica Dei beywer hulle vir die verspreiding van die Evangelie terwyl hulle ook klassieke musiek promoveer. Ons Christelike koor, Canticum Novum, gee gereeld konserte in-en-om die Helderberg Kom, en onderneem ook elke jaar 'n toer. Vanjaar was ons in die Boland, en het oor die langnaweek van die 6-9 Augustus, nege optredes gegee en vele harte met die Woord in musiekvorm aangeraak.

Ons Klassieke Klanke orkes gee instrumentaliste wat saam met ander musiek wil maak (of dalk nodig het om bietjie roes af te oefen), geleentheid om hier in te skakel en saam met professionele musici en amateurs werke aan te pak van Bach, Dvorak en vele meer. Musica Dei help ook minderbevoorregtes met instrument-skenkings of met eenmalige beurse aan behoeftige jong musici.

Laat weet gerus of jy dalk wil koorsing en vir 'n oudisie wil kom, of moontlik 'n orkesinstrument bespeel en saam met ander musiekliefhebbers konsert wil hou. Skenkings van musiekinstrumente kan ook by die kerkkantoor afgelaai word of kontak die projekleier, Yolanda Botha op Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Een van die taaiste toffies in die lewe is om alleen te wees. Om skielik agter te kom ek is geïsoleer van mense rondom my. Om tussen ander mense te beweeg en te ervaar hulle sien my nie raak nie, ek hoort nie. Daar is sekerlik geen plek waar ‘n mens meer alleen kan wees as in die kerk nie. Om tussen families en vriende te sit en tog te beleef dat niemand na jou toe uitreik nie.

In Psalm 25 skryf die digter juis ‘n psalm wat iets hiervan uitdruk. Die frustrasie van alleen wees en die magteloosheid om iets daaraan te doen. Hierdie Sondag kyk ons na wat alleen wees aan jou doen en watter rol kan ons as gelowiges in hierdie proses speel.

Dit is ook nagmaal en jy word genooi om as deel van die gesin te kom aansit en deel te wees van ons geloofsgemeenskap.

Paul Barnard

Deon is getroud met Liesel en hulle het twee besige dogtertjies. Nooi hom gerus vir surf, gholf of ‘n mountain bike sessie. Hy skryf graag gedigte en kort verhale oor die diep en snaakse lewenservaringe van ’n predikant en luister graag na ander se stories. Hy streef na goeie verhoudinge, ‘n gebed in die hart en ‘n grappie in die sak. Jy kan hom kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri