'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Kom kuier gerus saam met ons en bring die hele gesin.

Die Truth2kids projek wil graag baie dankie sê aan elkeen wat bygedra het tot Fiela Opperman se motorfonds. Dit was ‘n gebedsaak waarvoor ons gereeld gebid en die Here vertrou het. Fiela sê: Ek wil graag persoonlik aan al die donateurs baie, baie dankie sê, vir hul onbaatsugtige liefde, aan God al die eer, dis ‘n spoggerige karretjie, ek noem haar, "Babygirl".

Fiela werk al vir baie jare in die Truth2kids projek (voorheen Kinderevangelisasie) om die Evangelie aan kinders in die gemeenskap en skole te bring. Omdat sy nie net in Sir Lowry’s Pass nie, maar oa ook in Gordonsbaai, Chris Nissen Park en Somerset-Wes werk het sy ‘n voertuig baie nodig.

Fiela se motortjie wat sy ‘n aantal jare gelede van Aaron-omgeegroep ontvang het, is in Februarie in ‘n botsing afgeskryf. Sy was nie die verantwoordelike persoon nie en ons is baie dankbaar dat daar geen ernstige beserings was nie. Die versekering se uitbetaling was ongelukkig nie voldoende om die motor te vervang nie.>>

Lees verder: Truth2kids sê dankie

Wat! Is dit enigsins moontlik?
In die tyd waarin ons leef met al die kommunikasienetwerke is dit eintlik ondenkbaar dat daar mense is wat nie kan lees en skryf nie. Glo my, In Mosambiek, sommer hier naby ons, is daar wel kinders en ook volwassenes wat in verafgeleë plekke woon wat nie kan lees en skryf nie. ‘n Mens wil dit as’t uitroep: Wat! Hoe is dit enigsins moontlik dat daar in ‘n tyd soos hierdie mense kan wees wat nie daardie blootstelling het nie? Ja, dit is; en dit is tragies.

Helderberg Gemeente het die voorreg om deur Helderberg Uitreik ‘n verskil in diegene, wat nie kan lees en skryf nie, se lewens te maak. John en Stephanie Roux het ongeveer 20 jaar gelede, in samewerking met die kerk in Mosambiek, met ‘n projek begin om kinders te leer lees en skryf. Isaac Gama, ‘n boorling van Mosambiek, het sedertdien by John en Stephanie Roux die projek oorgeneem en maak ‘n groot sukses daarvan. Dit is lekker om sy opgewondenheid en toewyding te sien waarmee hy hierdie projek aanpak. Dit het my diep geraak toe hy my vertel het van die ouers van die kinders wat kom vra of hulle ook geleer kan word om te lees en skryf. Vandag is daar alreeds 7 bosskole vir 1 541 kinders en bosskole vir 143 volwassenes en ‘n groot moontlikheid vir verdere uitbreiding.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Mosambiek Geletterdheid

Ons leef in taai-toffie-tye en ons hoor telkens dat mense sê: “Ek sukkel om met my geld uit te kom.” Die vraag is: Wanneer het ek genoeg geld? Hoe bepaal ’n mens dit? Ons leef in ’n land met groot diversiteit – van werkloses tot hulle wat groot salarisse verdien.

Wat sê die Bybel hieroor? Spreuke 30:8b help ons met die woorde “Moet my nie armoede of rykdom gee nie; breek my porsie brood vir my af.” En dan in die volgende vers word verduidelik hoekom. As ek te veel het, kan ek dalk maklik van die Here vergeet en as ek te min het, kan ek dalk steel en die naam van God skade doen.

Ons help mekaar Sondag met ’n paar praktiese riglyne in die lig van hierdie wyse woorde uit die Bybel.

Danie O’Kennedy

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri