Leef met 'n passie vir God en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood
bann11.jpeg

Al jou vrae

Hoe kan ek ’n lidmaat van die gemeente raak?
Persone wat inligting oor die gemeente wil hê of belangstel om lidmaat van Helderberg gemeente te word, kan die kerkkantoor kontak of na afloop van elke erediens by die betrokke leraar aanmeld. Kontak Grazie Beets, die registerhouer. Kliek hier vir die nuwe lidmaatvorm.

Hoe kan ek 'n finansiële bydrae maak? Kliek hier.

Hoe om ‘n kind te laat doop?
Is daar ‘n nuwe toevoeging tot die familie oppad? Hier by Helderberg is dit vir ons heerlik om die nuwe babas as deel van die Helderberg-familie te verwelkom. Ons doop gewoonlik die eerste Sondag van die maand by die Klassiek of Informele diens. Registrasie vir doop moet by die kerkkantoor gedoen word minstens 'n maand vóór die doop, kliek hier vir die vorm. Voornemende doopouers moet asseblief vir Grazie Beets kontak vir meer inligting en die doopdatums. Dieselfde prosedure geld indien die kind by 'n ander gemeente gedoop word.

Hoe om by ’n omgeegroep in te skakel?
Kontak ’n vriend/in wat alreeds by ’n omgeegroep is en vra óf jy by hulle kan inskakel óf kontak Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of die kerkkantoor. Ons probeer ons bes om elkeen in te deel by ’n groep waar hy of sy tuis voel. Jou nuwe groepleier sal jou dan kontak.

Hoe om ’n begrafnis te reël?
Familie kan ontvangs, by die kerkkantoor kontak om 'n afspraak te reël met die leraar van hul keuse. Die leraar sal ook raad gee oor die nodige reëlings wat getref moet word. Indien jy enige van die gemeentelokale, kombuis of ander fasiliteite wil gebruik, moet jy vir Odette kontak. Die kerkkantoor voorsien die kontaknommers van spyseniers vir die begrafnis.

Hoe bespreek ek lokale?
Persone wat enige van die gemeentelokale, kombuis of ander fasiliteite wil gebruik, moet Odette Stemmet, kontak by die kerkkantoor of kliek hier en voltooi die besprekingsvorm in. Stuur dan die voltooide dokument terug na Odette.

Wat om te doen in 'n noodsituasie?
Kliek hier vir Helderberg se gebeurlikheidsplan.

Hoe om my kind by die jeugaksie te laat inskakel?
Pienkvoete (12 maande - 2 jariges)
Die Pienkvoete-lokaal is agter in Korinthe en is ‘n klankdigte ruimte waar die peuters na hartelus kan speel terwyl die ouers die diens op ‘n groot skerm kan volg. Sondagoggende 8:00 en 9:30, somertyd,of 8:30 en 10:00, wintertyd.

Peuters en Kleuters (3 jaar tot graad R)
Kom meld Sondagoggend om 9:30 (somertyd) of 10:00 (wintertyd) aan by die Kleuterkerksentrum, om jou peuter of kleuter in te skryf. Daar sal jy en jou kind ontvang word en julle die nodige inligting kry. 

Junior Jeugaksie (Gr 1 – 6)
Kom meld Sondagoggend om 09:30 (somertyd) of 10:00 (wintertyd) aan by die Jeugsentrum vir die graad 4-6 Jeugaksie. Navrae: Corneille Barnard. Die graad 1-3 Jeugaksie vind plaas in Joppe. Indien jou kind reeds 'n maatjie ken wat in een van ons klasse is, sal ons hulle graag saam indeel. Navrae: Lizl Botha (gr 1-3).

Senior Jeugaksie (Gr 7 - 11)
Die Tienerkerk is Sondagaande om 18:00 en vind plaas in die kerk waarna die Dissipelskapgroepe vanaf 19:00 – 20:00 in verskillende lokale gefasiliteer word. Indien jy reeds iemand ken, is jy welkom om by jou maat se groep in te skakel. Navrae: Deon Els

Hoe om 'n belydenis van geloof af te lê?
Persone wat graag hul lewende verhouding met Jesus Christus in die openbaar en voor die gemeente wil bely is welkom om die registrasie vir belydenis van geloof op die webblad by Aflaaidokumente af te laai of by die kerkkantoor te kry of by Ronell Erwee aan te vra. Daar is vier belydenis van geloof geleenthede per jaar. Die datums word aan die begin van die jaar bepaal en word gereeld op die gemeente se kommunikasie deurgegee.

Hoe om ‘n huweliksbevestiging te reël?
Indien die huweliksklokkies vir jou of iemand in jou gesin lui, kontak Marisa Viljoen verkieslik 3 - 6 maande voor die tyd om die leraar van jou keuse te bespreek vir jou troudag. Sy sal met die paartjie reëlings tref ten opsigte van huweliksvoorbereiding en die administratiewe reëlings en dokumente wat benodig word vir die huweliksregister. Kliek hier vir die bevestigingsvorm.

Indien jy enige van die gemeentelokale, kombuis of ander fasiliteite wil gebruik, moet jy vir Odette Stemmet kontak of kliek hier en voltooi die besprekingsvorm. Stuur dan die voltooide vorm terug na Odette. Ons orrelis, Yolanda Botha, kan gekontak word by die kerkkantoor indien sy benodig word by die huweliksbevestiging.

 

 

 

 

 

 

Kontak Inligting

Adres : Firmountweg 82
            Somersert-Wes

Tel : 021 851 5582
epos : ontvangs@nghelder.co.za
Web : www.nghelder.co.za

WhatsApp Nuus

Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep

2deWAgroep.jpg

Soek