Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » Brugbouers, geskryf deur Dr. Rudi Buys

Brugbouers, geskryf deur Dr. Rudi Buys

Donderdag, 06 September 2018
deur RojaalEst2016
RojaalEst2016
Bied aan

Die pas gepubliseerde boek, Brugbouers, geskryf deur Dr. Rudi Buys, herbesoek die versoeningsproses wat gevolg het op ‘n gruwelike insident van rasse-diskriminasie aan die Universiteit van die Vrystaat in 2008. Die geval van die berugte Reitz-video, ontstellend soos dit is, bied egter ook ‘n geleentheid om ondersoek in te stel na die kompleksiteite van transformasie vandag en die noodsaak om die toekoms van ons land van nuuts af te ontwerp.
Dr Buys kom gesels oor sy boek by #RojaalEst2016 op Woensdag 26 September om 17:00, toegang is gratis. Twee ete opsies word bedien na afloop van die gesprek. Bespreek jou tafel by Bestuurder@rojaal.co.za of 021-204 1085.


Kontak inligting

Charmaine Du Toit - Valentine
Grabouw
Telefoon: 021-2041085
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » Brugbouers, geskryf deur Dr. Rudi Buys
Top