Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » Jan Kriel Liggieboom

Jan Kriel Liggieboom

Woensdag, 25 Oktober 2017
deur Jan Kriel Instituut
Jan Kriel Instituut
Bied aan

Die Jan Kriel Liggieboom is ‘n ou tradisie van langer as twintig jaar, om onder ‘n denneboom vol liggies hier op ons terrein te vergader en saam Kersliedere te sing. Deesdae hou ons ‘n heerlike konsert om dankie te sê vir ‘n hele
jaar se seëninge, en die aanskakel van die boom se liggies is ‘n hoogtepunt.
Die Liggieboom vind plaas op 25 November en Henry Pike is vanjaar ons gas kunstenaar.
Jan Kriel se kinders dra ook by tot die program, wat om 19:30 begin.
Dis ‘n buitelugkerskonsert, so jy kan kom piekniek hou vanaf 17:30.
Vul jou eie piekniekmandjie aan by ons verskeidenheid kosstalletjies.
Bring gerus jou kampstoel of kombers saam. Ons verskaf ook ruim sitplek.
Navrae is welkom – Anetha by 021 903 0434.
Kaartjies is beskikbaar by die Jan Kriel Instituut, Skoolstraat, Kuilsrivier.



Prys: R10 kind / R100 volwassene

Kontak inligting

Anetha Hattingh
Kuilsrivier
Telefoon: 0219030434
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » Jan Kriel Liggieboom
Top