Soek in Helderberg mark

Geleenthede

Promosie van optredes, konserte, byeenkomste, ens

Rialto  » Geleenthede  » Geleentheid vir Borgskap

Geleentheid vir Borgskap

Vrydag, 19 Mei 2017
deur Tanya
Tanya
Bied aan

Geleentheid vir Borgskap

Ons is 'n groep van derde jaar studente van die Hurst Campus (Kollege van Gasvryheidsbestuur en Spyseniering). Ons is besig om Borgskappe te werf vir ons Finale jaar projek.

Die titel van die projek is: "Pop-Up Restaurant".
Die projek gaan in die einde van die jaar as 'n funksie gehou word, met 'n paneel wat die projek evalueer.
Die doel van die projek is om ons die geleentheid te gee om alles wat ons oor die laaste drie jaar geleer het te gebruik om die geleentheid te beplan en suksesvol uit te voer met die aanbieding van die funksie en om dit binne 'n finansiële gelykbreek te bewerkstellig.

Verskillende areas van die projek:
Spyseniering: Borge vir kos en gereedskap.
Front of House: Borge vir dekor
Borge vir messegoed en breekgoed
Borge vir kelners en kelnerinne
Borge vir voorskote vir kelners en kelnerinne met logo op.
Borge vir name plaatjies.
Borge vir wyn.
Borge vir tee en koffie.
Borge vir gereedskap.
Bemarking: Borge vir 'n grafiese ontwerper.
Borge vir die druk van uitnodigings, spyskaart, wynlyste, kommentaarkaarte, besigheidskaartjies.
Borge vir ‘n fotograaf.
Sekuriteit: Borge vir sekuriteit op die aand van die funksie.

Alle borge sal erken word op die spyskaart op die aand van die funksie.

Alle borge is welkom.

Ons hoop om met hierdie projek en ons studies op 'n hoogtepunt te voltooi.

Tanya Malan




Kontak inligting

Tanya Malan
Somerset west
Telefoon: 0812492225
Selfoon: 812492225
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Geleenthede  » Geleentheid vir Borgskap
Top