Soek in Helderberg mark

Dienste

Aanbied en aanvra van dienste

Rialto  » Dienste  » Pilates klasse

Pilates klasse

Woensdag, 06 Junie 2018
deur Leandre
Leandre
Bied aan

Ek bied pilates klasse aan hier by die kerk se Efese-lokaal.

Enigiemand is welkom om deel te neem. Klasse word aangepas om almal te akkordeer, van beseerdes en swakkes tot besonders sterk of soepel.

Ek hou daarvan om mense te motiveer en lei na hulle liggaam se potensiaal. Pilates leer ons tot wat ons liggame werklik in staat is om dit sodoende te respekteer.

Pilates help postuur korrigeer, versterk jou middellyf, verlig spanning, bewerkstellig spierdefinisie, bevorder gewigsverlies, verbeter soepelheid, voorkom beserings, verhoog konsentrasie, help met koordinasie en balans.

Gesondheid is nie kleremates nie, maar ‘n leefstyl van daagliks probeer om beter te voel. Dis om jou daaglikse verrigtinge te kan uitvoer met die meeste gemak.

Klas tye is Maandae tot Donderdae 17:15 en 18:30.

Pryse hang af van hoeveel klasse per maand geneem word:
5 klasse per maand is R350
10 klasse per maand is R450
Onbepekte hoeveelheid klasse per maand is R550

Kontak my gerus vir meer inligting.


Kontak inligting

Leandré Economon
Somerset Wes
Selfoon: 072 910 4450
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Dienste  » Pilates klasse
Top