Soek in Helderberg mark

Dienste

Aanbied en aanvra van dienste

Rialto  » Dienste  » Zimbabwe’se “nanny”/kinderversorger

Zimbabwe’se “nanny”/kinderversorger

Woensdag, 25 Oktober 2017
deur Elzanne
Elzanne
Bied aan

Lynnah is in ons diens vir die afgelope 4 jaar. Gedurende die eerste 2 jaar het sy ons, nou 4,5 jarige, dogtertjie versorg en gedurende die laaste 2 jaar ons, nou 2,5 jarige, dogtertjie sowel as ons 4,5 jarige dogtertjie in die middag. Albei ons kinders gaan volgende jaar skool toe en ons kan dus nie meer vir Lynnah in diens neem vanaf Januarie 2018 nie. Lynnah is ‘n ware seën in ons lewe en ek wil graag vir haar help om ‘n spesiale gesin te kry vir wie sy kan werk. Lynnah is 100% betroubaar, eerlik, gestruktureerd, gee baie om vir ander en het eindelose geduld. Sy help met huishoudelike take en kan ook help met kosvoorbereiding. Sy het ‘n geldige werkspermit en paspoort. Lynnah bly in Somerset Wes, by die gesin vir wie sy gewerk het voor sy by ons was. Kontak my asseblief indien jy iemand spesiaal soek om na jou kind te kyk.

Kontak my gerus by 072 586 8218 indien jy belangstel.

Jy is ook welkom om vir Ankia, vir wie Lynnah vir 1,5 jaar gewerk het voordat sy by ons was, te kontak. Sy het tydens die 1,5 jaar na Ankia se tweeling gekyk vandat hulle 6 maande oud was totdat hulle 2 jaar oud geword het. Lynnah woon ook al 5 jaar by hierdie gesin en “babysit” nog gereeld hulle nou 5 jarige seun en dogter. Kontak gerus vir Ankia by 071 874 8013 vir ‘n verdere verwysing.

Kontak inligting

Elzanne van der Merwe
Somerset Wes
Selfoon: 0725868218
E-Pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Rialto  » Dienste  » Zimbabwe’se “nanny”/kinderversorger
Top