Leef met 'n passie vir God en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood
bann11.jpeg

Onderlinge Sorg

 

Ons moet mekaar versorg

Hierdie is ‘n opdrag vir die hele gemeente, maar die Onderlinge Sorg-bediening begelei die gemeente hiermee.
Die bediening fokus op die geestelike, emosionele en praktiese / finansiële versorging van gemeentelede.

Leraar: Paul Barnard
Bedieningsleier: Marius Bruwer
Kontakpersoon: René van der Bank

 

 

Omgee- en Bybelstudiegroepe
’n Omgeegroep is ’n kleingroep van ongeveer 5 gesinne of 10 persone wat op ’n gereelde basis, op ’n tyd en plek van keuse bymekaarkom.
Die doel van die omgeebediening is om mekaar te help om die visie van die gemeente op ’n praktiese manier uit te leef deur:
- Mekaar te help om God te aanbid deur o.a. gebed en sang
- Mekaar onderling in liefde te versorg
- Mekaar op te bou deur middel van God se Woord
- Mekaar te onderdeur sodat elke lid kan uitreik na mense en ’n wêreld in nood.
Indien jy graag wil deel raak van ’n groep, registreer op die volgende skakel:
https://forms.gle/rR8vrQHS1xe238k96 - Google vorm vir omgeegroep

Bybelstudie is op Donderdagoggende om 10:00 by die kerk of 08:00 Zoom-byeenkoms
Kontak vir Johann Swart by 082 928 7596 vir mansgroep
Ina van Niekerk by 082578 9893 vir vrouegroep    

Bedieningsleier: Herman du Plessis
Kontak: René van der Bank 

 

 

Mannebediening
Ons is gewone manne wat saamkom om te bid, te ontvang, te groei en mekaar te ondersteun.
Ons is manne wat ons regmatige posisies as konings, priesters en profete in ons huise, werksplekke en gemeenskap wil inneem en aanspreeklikheid aanvaar vir ons dade en besluite.
Deur ons samekomste en aktiwiteite wat ons reël poog ons om mekaar te help om in ‘n verhouding met die Here te staan, wat sal uitvloei na ons huise, werksplekke en die gemeenskap.

Bedieningsleier: Leon Niemand by 081 019 0710
Kontak: René van der Bank

 

Versorgingsnetwerk
Die Versorgingsnetwerk is opgestel om korttermyn hulp te bied aan gemeentelede wat onverwagse probleme ondervind.
Die hulpprogram is sluit onder andere in:
• Emosionele ondersteuning / pastorale berading
• Finansiële ondersteuning / advies
• Fisiese ondersteuning bv. weeklikse kospakkies
Indien enige iemand graag prakties betrokke wil raak by die ondersteuning van gemeentelede, kontak asseblief vir: René van der Bank by 021 851 5582 of 081 254 561 of Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Die Versorgingsnetwerk word gefinansier en is volledig afhanklik van vrywillige bydraes van gemeentelede. Enige donasies is baie welkom, baie dankie.
Gebruik gerus SnapScan, Versorgingsnetwerk is een van die keuses.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA Bank, Somerset-Wes
Rek naam: NGK Helderberg
Tipe rek: Tjek rek
Rek nr: 2900 590094
Takkode: 632 005
Verwysing: Versorgingsnetwerk

 

 

Vrouebediening
Bedieningsleier: Wilna Niemand
Kontak: René van der Bank

 

 

Voorbidding
Gebedsgeleenthede:
Dinsdagoggend 06:00–06:45 en enige iemand is baie welkom
Vrydagoggend 06:00– 06:45 saam met die Mannebediening

Gemeentegebedslys:
Die gemeente bid graag vir lidmate in tye van nood en moeilike omstandighede. Indien jy weet van iemand waarvoor die gemeente kan bid, stuur asseblief ’n e-pos aan Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk..

Kontak: René van der Bank

 

Tabitha Bediening
Bedieningsleier: Lizette van Zyl
Kontak: René van der Bank 

 

 

Mentorbank Bediening
Die meriete van mentorskap is reeds bewys in die besigheidsektor en in ander sektore van die samelewing. Helderberg Mentorbank kan in die afwesigheid van mentorskap in die Helderberg Gemeente en die breër Helderberg gemeenskap, hierdie diens beskikbaar stel.

Bedieningsleier: Elmarié Weyers
Kontak: René van der Bank

 

 

 

 

Kontak Inligting

Adres : Firmountweg 82
            Somersert-Wes

Tel : 021 851 5582
epos : ontvangs@nghelder.co.za
Web : www.nghelder.co.za

WhatsApp Nuus

Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep

2deWAgroep.jpg

Soek