Wie is ons?
Kom proe en sien...
Ek hou nie baie van kosmaak nie, maar ek is mal oor smaaklike kos. Wanneer ek dan iets eet wat lekker proe, wil ek baie graag dat ander mense dit ook proe en saam met my geniet.
Soveel te meer is dit met die liefde en verlossing wat Jesus Christus vir ons gee. Ons kry dit gratis! Wanneer ons dit beleef in ons eie lewens – die vryheid, die vreugde, genade, liefde en soveel meer – kan ons nie anders as om dit met ander te deel wat dit nog nie vir hulleself geproe het nie.
Hoe weet ek iets proe lekker? Iemand kan vir ure lank aan my verduidelik hoe lekker iets proe, maar dis eers wanneer ek dit self geproe het dat ek uit ervaring kan vertel wat dit vir my beteken. Dan dra dit soveel meer gewig wanneer ek iemand anders nooi om ook te kom proe en vir hulleself te besluit.
Helderberg Uitreik is een van die voertuie waarmee ons die goeie nuus van Jesus Christus en die verlossing wat Hy vir almal gebring het, kan deel met mense wat smag na hoop wat nie vergaan wanneer die weer of die ekonomie verander nie.
Kom kyk en proe dat die Here goed is (Psalm 34 vers 8 in die New International Version vertaling). Wanneer ons proe dat die Here goed is, kan ons nie anders as om Hom met ander te deel dat hulle vir hulself kan ontdek en ervaar dat Hy God is en goed is nie.
In 2 Korintiërs 5 vers 14 tot 21 lees ons dat ons wat glo in Jesus nuwe mense is en dat ons die bediening van die versoening ook uitdeel aan ander. Ons hou nie Jesus se liefde vir onsself nie. Ons deel dit oorvloedig met almal om ons.
Lees gerus verder oor ons projekte en waar hulle betrokke is.
Melanie Smit
Bestuurder Helderberg Uitreik
083 380 1327
Stories van hoop
Kliek hierbo en lees meer oor die wonderlike stories wat in die projekte gebeur.
Hoe raak ek betrokke?
Helderberg Uitreik huidige projekte
Helderberg Uitreik het verskeie projekte wat strek van vroeë kinderontwikkeling tot Evangelisasie. Kyk gerus hieronder watter projek spreek tot jou passie vir God en mense en kontak die projekleier op hulle e-pos of vir Melanie by
Begin ‘n nuwe projek
Die Here gee vir elkeen van ons talente en gawes wat verskil van mekaar. So is daar gapings waar daar nog nie projekte is wat ‘n spesifieke nood aanspreek nie. Druk die Here ‘n saak op jou hart? Kom gesels met Melanie, die Uitreikbestuurder, oor jou idee vir ‘n nuwe projek.
Wees ‘n skakel
Bring mense, groepe en besighede bymekaar deur netwerke te help bou en bevorder. Deel bronne wat tot voordeel en opbou van die gemeenskappe kan wees. Skakel met Melanie, die Uitreikbestuurder, of direk met die projekleier om netwerke te bou.
Gebedsondersteuner
Raak deel van ‘n projek se gebedspan of bid op jou eie tyd vir die twee gemeentes, Uitreikbestuurspan, projekspanne en die gemeenskappe waar ons dien.
Projekte
Projekte gemerk met ‘n * kwalifiser vir ’n Artikel 18A sertifikaat vir donasies.
Berading, terapie en medies
Agapé Medies*
Mediese spesialiste wat noodsaaklike mediese prosedures en chirurgie gratis aan behoeftige persone
bied om sodoende God se liefde uit te dra.
Kontakpersoon: Junita Kruger by

Beradingsentrum*
Die Sentrum bied berading aan die gemeenskap (mense van 18 jaar en ouer), deur psigo-sosiale ondersteuners wat op vrywillige basis hul professionele dienste beskikbaar stel.
Soms voel mens alleen, oorweldig deur uitdagings van die lewe, moenie dit alleen dra nie, neem die eerste stap en maak ‘n afspraak. Die beraders is passievol en is hier om jou te ondersteun.
The services of the centre are proud to say that confidentiality is a non-negotiable core promise of the centre.
If you feel alone, drained, this is a safe space to share your story.
Kontak ons vir ‘n afspraak: Karen de Beer by

Harmony*
Divorce Care ondersteun persone wat deur egskeidings geraak word om met waardigheid en liefdevolle sorg, verhoudings te herstel.
Griefshare ondersteun persone wie geliefdes aan die dood afgestaan het.
Kontakpersoon: Annette Botha by

MIV/VIGS*
Fokus op bewusmaking, voorkoming en versorging van mense wat deur MIV/VIGS geraak word.
Kontakpersoon: Aneleh Fourie-Le Roux by
Ondersteuning

Dienssentrum*
Versprei voedsel, huisware en lewensmiddele aan projekte, sopkombuise, kospakkieprojekte en hulpinstansies.
Kontakpersoon: Yolandè Kennedy by

Helderberg Babas*
Bied tydelike sorg aan babas wat wag op aanneming.
Kontakpersoon: Tania Schultz by

Helderberg Hospitaalprojek*
Dra Jesus se liefde na pasiënte in ongevalle, kraam- en kindersale deur gebed, gesprekke, versnapperings en kreatiewe skenkings.
Kontakpersoon: Lynette Jacobs by

Haweloses*
Ondersteun hawelose mense en die instansies wat haweloses versorg.
Kontakpersoon: Clinton de Witt by

Ahavah (Gestremdhede)*
Bewusmaking en ondersteuning van mense met gestremdhede en instansies wat hulp aan hulle bied.
Kontakpersoon: Anton Engelbrecht by g

Kanga&Roo*
Ondersteun ouers wat babas op ‘n tydelike basis versorg tot hulle aanneming met babaformulemelk, klere en weggooibare doeke.
Kontakpersoon: Tania Schultz by

Seniorsorg*
Ondersteun seniors in die gemeenskap en bied ook ondersteuning aan tehuise vir senior burgers.
Kontakpersoon: Sonnette van Wyk by

Hulp en Herbou (Rampfonds)*
‘n Effektiewe projek waardeur Helderberg Gemeente en Somerset- Wes Gemeente vinnig kan reageer op natuurlike en sosiale rampe en sodoende Jesus se liefde sigbaar maak.
Kontakpersoon: Roelof Louw by
Vroeë Kinderjare Ontwikkeling

Hemel-op-Aarde projek*
Voorsien Graad R en RR verrykingsmateriaal aan skole en kleuterskole in die Wes-Kaap en lei die onderwysers op in die gebruik van die materiaal.
Kontakpersoon: Sunette Erasmus by

Uyavula lees-en-skryfprojek*
Ontwikkel liefde en vaardighede vir lees en skryf by jong kinders deur die voorlees van stories by skole.
Kontakpersoon: Amanda de Villiers by
Tiener en Volwasse Ontwikkeling

Helderberg Ontwikkelingsentrum*
Stel mense in staat om finansieel onafhanklik te funksioneer deur vaardigheidsontwikkeling.
Kontakpersoon: Lida Alberts by

Musica Dei*
Dra die Woord van God uit deur musiek en bied ook beurse aan behoeftige musiekstudente.
Kontakpersoon: Yolanda Botha by

Sir Lowry’s Pass*
Bied daagliks voeding aan skoolkinders en voorskoolse kinders in die SLP Village en bied ook ‘n beursfonds vir leerders wat hoërskool toe wil gaan.
Kontakpersoon: Sarita Groenewald by

ElizaYo*
Bied wiskundige– en lees-en-skryfvaardighede, hand-vaardighede en entrepreneurskapsopleiding aan jong skoolverlaters.
Kontakpersoon: Deon van Zyl by

Pêrel Gemeenskapsontwikkelingsprojek*
Bied vaardigheidsontwikkeling en geestelike sorg en–ontwikkeling aan tieners en volwassenes van die plaasgebiede van Faure.
Kontakpersoon: Frederike van Schalkwyk by
Evangelisasie

Bybelverspreiding*
Versprei Bybels via die projekte van Helderberg Uitreik en lidmate.
Kontakpersoon: Grazie Beets by

Truth2Kids*
Bring die boodskap van Jesus aan kinders in die gemeenskap deur klubs wat weekliks vergader en lei ook mense op om die Evangelie aan kinders te bring.
Kontakpersoon: Sus van Niekerk by

KidsXpress
Publiseer Kinderevangelisasiemateriaal in Afrikaans, Engels en Xhosa wat deur die
hele land en ook in die buiteland gebruik word.
Kontakpersoon: Werner Schultz by

Projek 17
Om die LIG van Jesus aan die mense van Nepal te bring. Kontakpersoon: Paul Brits by

Mosambiek Evangelisasie
Reik uit na die onbereikte mense van Noord-Mosambiek deur die uitstuur en ondersteuning van plaaslike leraars in Mute, Palma en Mavago.
Kontakpersoon: Gerhard Kruger by

Sri Lanka
Ons Missie:
Missionêr met die intensionele evangelisering en dissipelmaking van onbereikte volkegroepe met die oog op Koninkrykuitbreiding en kerkplanting in Sri Lanka. Ons doen dit saam met ons vennoot, die Christian Reformed Church in Sri Lanka (CRCSL).
Ons het al vir meer as 20 jaar ‘n gesonde vennootskap met die Christian Reform Church of Sri Lanka.
Ons is plaaslik ook in vennootskap met NG Constantia en Omgee Gemeente, Somerset- Wes.
Ons ondersteun 3 missie stasie, naamlik Rakwana, Hatton en Kalpitiya. Die stasies groei en nog bedieningspunte word gestig.
Kontakpersoon: Paul Kilian by

Alpha Helderberg
Om mense te help in die ontdekking van en die groei in ‘n lewende verhouding met Jesus Christus deur middel van die Alpha kursus. Vir mense wat soekend is, help Alpha jou om die Jesus te vind. Vir mense wat onseker in hul geloof is, help Alpha jou om geloofsgroei en sekerheid te vind. Vir mense wat glo, is Alpha ‘n opbou en verryking van jou verhouding met Jesus Christus. Alpha is nie net die kursus nie, maar ook die groepie mense wat saam met jou die reis deurmaak.
Kom kyk net...
Kontakpersoon: Jaco Smit by

Ester op Reis
Kontakpersoon: Willemien Janse van Rensburg by

Waar Behoefte Bestaanfonds*
Die “Waar Behoefte Bestaanfonds (WBB)” is ‘n ondersteuningsfonds vir die projekte van Helderberg Uitreik. Enige van die projekte kan deur die loop van die jaar aansoek doen by die fonds wanneer hulle ‘n tekort het aan fondse of wanneer hulle ‘n nuwe inisiatief wil begin. Die fonds word geadministreer deur die Uitreikbestuur.

Bedryfsfonds*
Helderberg Uitreik en al die projekte floreer as gevolg van die ondersteuning wat hulle ontvang van die steundienste personeel, fasiliteite wat tot hul beskikking is en dag-tot-dag ondersteuning tot hulle beskikking. Die Bedryfsfonds is om hierdie lopende kostes van Helderberg Uitreik te dek.

Adminfonds*
Die Uitreikpersoneel kry een maal ‘n jaar die geleentheid om stil te raak by die Here. Die Bestuur raak ook stil by die Here en luister na die Here se droom vir Uitreik. Die Adminfonds dek hierdie uitgawes wat die Bestuur, projekleiers en personeel van Helderberg Uitreik in staat stel om deurlopend stil te staan by die Here en te bepaal hoe hulle in Sy wil kan bly. Die Adminfonds befonds hierdie aktiwiteite.
Maak ‘n bydrae aan ‘n projek
Helderberg Uitreik ABSA
Rek nr 9114 483 080
Takkode 632005
Swift-kode vir buitelandse donateurs: ABSAZAJJ
Verwysing: Naam van projek
As jy ‘n maandelikse bydrae wil maak aan ‘n projek, vul gerus die debietordervorm in en stuur dit aan
Artikel 18A Sertifikate
Helderberg Uitreik is ‘n Artikel 18A-goedgekeurde organisasie. Donasies aan die meeste projekte (gemerk met *), sowel as die institusionele fondse (WBB, bedryfs & admin), kwalifiseer dus vir Artikel 18A-sertifikate.
Artikel 18A-sertifikate word slegs op aanvraag uitgereik. Indien u ‘n sertifikaat benodig, stuur asseblief u bewys van betaling en ‘n volledig voltooide Artikel 18A-sertifikaat aansoekvorm (kliek hier) aan Melanie Smit by
Let wel: SARS vereis dat alle Artikel 18A-sertifikate vir ‘n spesifieke finansiële jaar (Maart tot Februarie) voor die einde van die daaropvolgende Mei uitgereik moet wees. U moet dus élke jaar vóór 20 Mei aansoek doen om te kwalifiseer vir ‘n sertifikaat.
