Leef met 'n passie vir God en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood
bann11.jpeg

Gasvryheid

Helderberg Gemeente is ‘n familie wat almal graag wil innooi, laat welkom voel en deel van die gemeente wil maak. Ons wil daar wees om mense te laat tuis voel en om die warmte van die gemeenskap van gelowiges te ervaar. Een van ons kernwaardes is gasvryheid en daarom fokus ons die bevordering van gesonde, liefdevolle en ondersteunende verhoudinge binne die Helderberg gemeenskap.

Ons wil help om ‘n kultuur te skep om:
• vreemdes, diegene in nood en eenkant-mense raak te sien, kontak te maak, in te nooi en deel te maak van die Helderberg gemeenskap;
• met toewyding en geduld dinge saam met ander mense te doen sodat verhoudings oor tyd gevestig kan word en almal tuis kan kom en voel;
• met ’n gesindheid van vriendelikheid en warmte ‘n omgewing te help skep waar ander gemaklik en ontspanne kan voel.

Ons bedieningsleier is De Villiers Engelbrecht by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.

Die koördineerder vir die bediening is Olivia Garder, jy is welkom om met haar kontak te maak.

Gesels gerus met hom, want daar is 'n spesiale plek net vir jou om betrokke te raak.

Kontak Inligting

Adres : Firmountweg 82
            Somersert-Wes

Tel : 021 851 5582
epos : ontvangs@nghelder.co.za
Web : www.nghelder.co.za

WhatsApp Nuus

Wil jy nuus kry op WhatsApp, kliek op hierdie skakel met jou selfoon en word outomaties deel van die groep

2deWAgroep.jpg

Soek