Beskikbaar vanaf 26 September 2018
Ons is in die bevoorregte posisie om ons nuwe Muur van Herinnering bekend te stel. Die prys per nissie is R2 500, daar is plek vir twee mense in so ‘n nissie. Die prys sluit ook die marmersteen in, maar nie die graveringkostes nie. Ons het wel iemand wat die gravering doen en daardie kostes word direk aan hulle betaal.

Daar is ‘n standaard kontrak wat in duplikaat voltooi moet word by die kantoor, ons reël dan sommer die getuies se handtekeninge ook. Daar is ‘n kaart geteken van die Muur van Herinnering, jy het dus ‘n keuse van jou plekkie.

Ons het ‘n oop stuk grond voor die nissies. Indien jy voel om ‘n roos te koop vir jou geliefde wat ons dan daar kan plant, is jy welkom om dit te doen. Kom kry gerus by die kantoor ‘n klip waarop jy ‘n boodskap kan skryf en by die roosboom neersit. Die kerk hou die roosbome en tuin in stand, sodat jou geliefdes daar kan kom kuier.

Vir enige verdere navrae, kontak gerus vir Odette.