Ons vra asseblief donasies vir die aankoop van babawaentjies vir die vlugtelinge uit Sirië in Griekeland se babas. Die waentjies se prys is €80 elk, dit is ongeveer R1 500.

Donasies kan by HU se rekening inbetaal word, met die verwysing Omonia-stroller. Die vlugtelinge moes hulle babas/kleuters fisies oor land dra tot by die kus van Turkye waar hulle op die bote klim. Dan weer in Griekeland.

Die kortuitreik vertrek 24 Oktober en sal graag waentjies in Athene wil aankoop vir die doel.

Top