Annalise Wiid is op 27 Junie oorlede. Sy het die harte van so baie mense aangeraak met haar inspirerende optredes dwarsoor die wêreld. Sy laat 'n groot leemte in Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreik.

Die dankdiens vind plaas op Saterdag 7 Julie om 11:00 vanuit Helderberg Gemeente. Dit word beplan dat die diens intyds 'gestream' sal word. Gaan kyk op die tuisblad van Annalise se webblad by www.annalisewiid.co.za  Daar sal ook na afloop van die diens 'n video-opname van die diens op YouTube gelaai word. Die skakel sal ook op haar webblad voorsien word.

[Navrae: Burgert le Roux, Projekleier van Annalise - 082 495 2228]
Top