Tydens hulle Jaarvergadering op 11 Junie, het Helderberg Uitreik verslag gedoen oor die afgelope jaar se werksaamhede en ook hulle 15de bestaansjaar gevier. Alle eer aan die Here wat hierdie mylpaal moontlik gemaak het.

Die bestuur is dankbaar om verslag te doen dat hulle pas die 37ste projek registreer het en is nou betrokke in 7 lande. Die bestuur spreek hulle dank uit teenoor God en ook teenoor Helderberg Gemeente wat die infrastruktuur vir die bestuur van Helderberg Uitreik voorsien. Die projekte word deur passievolle projekspanne bestuur. As die Here ‘n passie in jou hart gelê het, is jy welkom om met ons te gesels.

Foto: Marius Kritzinger, stigterslid van Helderberg Uitreik, sny die verjaarsdagkoek

Onder is die statistiek van mense wat die afgelope jaar deur Helderberg Uitreik se projekte bedien is.>>

Top