Vrydag, 25 Mei, was die twee spannetjies gewapen met hul Bybels om hul kennis van Spreuke, Jesaja, Lukas en Petrus 1 en 2 te toests. Daar is vooraf heerlik gekuier by die De la Paix langs Butterfly World. In totaal het daar 11 spanne van die Wes-Kaap deelgeneem.

Die volgende rondte vind plaas in Augustus waar die junior span se kennis getoets gaan word oor Daniël 1–4 en Effesiërs 4. Die senior span gaan Jesaja 11–19 en gedeeltes van die boeke van Johannes en Judas doen.

Die Bybelvasvra word deur die Rapportryersbeweging aangebied en die doelstellings hiervan is om:
- Liefde te kweek vir die Bybel en bybelstudie,
- Om in spanverband saam te werk en hul kommunikasievermoë te bevorder,
- Bevordering van Afrikaans en ons kultuur.

Kontak gerus vir Lizl Botha of Annette Botha (021-851 5582) indien iemand belangstel om volgende jaar betrokke te raak by ‘n span.

Top