Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bring vanaf 28 Mei 2018 weer die nood van kinders in Suid-Afrika onder ons aandag. Een uit elke vyf kinders in Suid-Afrika, is die slagoffer van fisiese geweld, seksuele en/of emosionele uitbuiting, voor hul agtiende jaar.

Die misdaad wat die afgelope jaar teen kinders en vroue gepleeg is, dring ons om opnuut bewus te wees dat kinders afhanklik is van ‘n gesonde samelewing. Kinders het die reg om beskerm te wees teen wanvoeding, verwaarlosing, geweld en voorkoming en beskerming van seksuele misbruik.

Ons strewe om saam te werk aan ‘n omgewing waar kinders in veiliger en gesonde gemeenskappe ontwikkel. Die geloofsgemeenskap in Helderberg Gemeente speel ‘n baie belangrike rol in die versorging en opbou van talle kinders in die Kom.

Ons is dankbaar vir elke uitreikprojek wat meewerk aan hierdie belangrike taak.

Meld enige verwaarlosing aan by die 24-uur tolvrye nommer: 0800 428 428 of Childline: 0800 055 555. Dié instansies onderneem om ondersteuning en berading aan slagoffers te bied.

Isabel Vroon Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top