Hierdie projek is geskep om dit vir Helderberg Gemeente makliker te maak om betrokke te raak by noodlenigingsaksies wanneer rampe soos brande of vloede gemeenskappe in die Helderberg-kom raak.

Die doel is nie om die wiel te herontwerp nie – daar is reeds heelparty organisasies en groepe wat strukture in plek het om hulp te verleen en ons wil graag met hulle saamwerk om duplisering te vermy en te verseker dat hulpbronne so doeltreffend moontlik aangewend word.

Na gelang van die ramp en die daar-opvolgende behoeftes, kan dit gebeur dat daar mense nodig is om onmiddellik hulp te verleen (hetsy met tyd en arbeid, of skenkings). As die onmiddellike behoeftes bevredig is, kan dit dalk nodig wees om langer termyn behoeftes aan te spreek: byvoorbeeld kos, klere of huisware aan iemand wat alles in ’n brand verloor het.>>

As die ramp buite die Helderberg-area plaasvind, sal ons die situasie evalueer en besluit óf en hoe ons kan help. Die Rampbestuurprojek is byvoorbeeld vandeesweek genader om hulp te verleen nadat ’n koshuis by die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester afgebrand het. Ons sal hopelik binnekort ’n lys van benodighede van hulle af ontvang. Hou gerus die Helderstem en Helderberg Gemeente se Facebook-blad dop vir meer inligting.

Die doel van die projek is om Jesus se liefde uit te straal aan mense in nood en by te dra tot die beeld van ’n omgee-gemeenskap wat ’n helpende hand uitsteek na mense wat swaarkry.

Kontak ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 083 375 0621 (Anja Nänny) as jy graag op ’n kontaklys geplaas wil word om meer inligting te ontvang of as jy belangstel om deel te word van die projekspan.

Top