Graad 1-6
Hoe lekker was dit nie om vanaf Sondag 6 Mei weer in ‘n ander wêreld te kon wees en saam opgewonde te raak oor God wat elke dag besig is om aan ons lewens te timmer en te herbou sodat ons weer ander se lewens kan aanraak.

Santie Weidemann-Nel (Helderberg se vorige jeugwerker) het vir ons kom kuier en saam met Bob-the-builder (alias Jörgen Barnard) het die kinders geleer van al die gereedskap wat ons as kinders van die Here tot ons beskikking het om te help bou aan God se extreme makeover plan vir die wêreld, naamlik Jesus Christus. Ons het nuwe liedjies geleer, groot pret gehad met speletjies en natuurlik in ons belangrikste stuk gereedskap gedelf, naamlik die Bybel.>>

1 Kor.5:17 was een van ons teksverse vir die week: “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” Ook Fil 2:13: “Dit is God wat ons gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.” God se Woord moet ook in ons geheue wees sodat ons dit kan gebruik in ons elke dag se handel en wandel.

Dit was waarlik weer ʼn uitstaande en begeesterde Pinkstertyd. Gaan kliek hier vir nog baie foto’s.

Baie, baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het en op vele maniere gehelp het om hierdie ‘n vreeslike lekker geleentheid te maak vir ons kinders!

Lizl Botha

Top