Matt 5:43-48 en 1 Joh 4:7-12
Ons fokus Sondag op die tweede deel van ons gemeente se slagspreuk, “’n Passie vir God en ’n hart vir mense.”

Die tweede deel word eintlik veroorsaak deur die eerste; ’n passie vir God lei daartoe dat ons met God se oë na ander mense begin kyk. Liefde kom van God, sê Johannes. Ons fabriseer dit nie in onsself nie. Hierdie liefde geld vir mense naby my – my familie en vriende en medegelowiges – maar óók vir vreemdelinge en selfs vyande. Wanneer Jesus ons aanmoedig om ons vyande lief te hê, sê Hy dat ons in die proses kinders van God word, al meer soos God optree en lyk. God se liefde kom dan by mense uit deur ons hande en in ons oë.

God se liefde vir ander is dan nie meer bloot iets waaroor ons praat nie, maar iets tasbaar en konkreet.

Top