“Nothing is more beautiful than a guitar, save perhaps two.” - Frederic Chopin

Klassieke kitaar is strelend, persoonlik, tasbaar, intiem. Stellenbosch Universiteit se klassieke kitaarspelers is weereens gereed om Helderberg met hulle talent en passie op hierdie praginstrument te betower.

Hierdie unieke kitaar konsert vorm deel van die Klassieke Klanke konsertreeks, wat deur Helderberg Gemeente aangebied word op Sondag 20 Mei om 15:00. Die konsertprogram is saamgestel uit werke van Bach, Barrios, Castelnuovo-Tedesco, Dyens, Ponce, Pujol, Villa-Lobos en Rodrigo. Te oordeel aan hulle optrede verlede jaar, beloof hierdie om ‘n uiters genotvolle middag te wees.

Verversings word voor en na afloop van die konsert verkoop en ons wil jou graag aanmoedig om skouers te skuur saam met ander klassieke musiekliefhebbers rondom ‘n koppie koffie. Alle Klassieke Klanke konserte is gratis, maar donasies vir verdere ontwikkeling van klassieke musiek en plaaslike talent word hoog op prys gestel. Geen besprekings nodig.

Vir enige verdere inligting, kontak gerus die Klassieke Klanke musiekdirekteur, Yolanda Botha by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of gaan na die webtuiste helderbergconcerts.business.site.

Top