Die “Holiday Club” word die eerste week van die Junie vakansie aan-gebied, 24 Junie tot 29 Junie 2018.

Tieners vanaf graad 7 word genooi om deel te wees van hierdie geleentheid waar hul leierskapseienskappe kan ontwikkel en kan leer om met jonger kinders, graad 1 - 6 te werk en groepe te fasiliteer.

Die tema vir dié week is 4 x 4 Adventure, van KidsXpress waar hulle saam met die graad 1 - 6 kinders gaan leer wat gebeur as God jou lewe bestuur. Hulle gaan op ‘n avontuur deur die woestyngebeure van Exodus. Vanaf die beloftes aan Abraham tot met die bou van die tabernakel. Kinders gaan God gedurende die reis leer ken as die God wat sy beloftes hou, as die Redder wat altyd in beheer is. En dat Hy die God is wat sy kinders deur sy liefdevolle reëls versorg en by hulle kom woon.

Opleiding en oriëntering vind plaas op 25 Mei om 18:30 waar alle inligting van wat, waar en hoe deurgegee sal word.

Inskrywingsvorm is op Helderberg Gemeente se webblad beskikbaar, kliek hier of by die kerkkantoor.

Sluitingsdatum vir inskrywings: 8 June 2018>>

Inskrywingsfooi vir die week met etes ingesluit is R200, EFT aan:
Methodist Church of Southern Africa
First National Bank, Somerset West
Rek nr:  5368 1047 214
Takkode: 200512
Verwysing:  HC + naam

Navrae: Lizl Botha 

Top