Koffie en kuier is sinoniem. Wat is nou lekkerder as ʼn goeie koffie, veral as dit keurig en met liefde voorberei is. En voor jy na die diens hier wegry om êrens elders te gaan koffiedrink, kom ons maak van Helderberg ons kuierplek waar jy ook sommer ander mense kan leer ken. Ons het groot planne vir heerlike koffiekuiers in die toekoms:

- Ons het natuurlik ook begrip vir diegene in ons midde wat eerder steeds ‘n lekker koppie tee verkies – ʼn gasvrye gemeente gee immers ruimte vir verskeidenheid. Daar sal dus altyd Sondae ‘n selfhelp teestasie wees, maar daar sal ook lekker gratis filterkoffie beskikbaar wees.

- Daar sal voortaan elke Sondag heerlike Cappuccino’s te koop wees by die Kombuistoonbank. Ons gaan by die Hemelvaartfees afskop met ‘n koffie lojaliteitskaart, asook ‘n voorafbetaalde koffiekaart wat jou koffiedrink op ‘n Sondag sommer baie makliker sal maak. Jy gaan ook voortaan jou koffie met Snapscan kan betaal of met kontant.>>

- Ons wil ook graag dat die koffiestasie in die toekoms deur lidmate self beman word sodat dit ‘n meer persoonlike ervaring kan wees. Daarvoor gee ons ‘n opleidingsgeleentheid vir mense wat belangstel om deel van ons Barista-spanne te word met geskeduleerde Sondagdiensbeurte. Die eerste Barista-opleidingsessie is op Saterdag 12 Mei (14:00-17:00) teen ‘n koste van R200 pp (die waarde is van so ‘n kursus is R1 500). Daar is beperkte plekke – so kontak my asb so gou moontlik indien jy belangstel.

- Lekker koffie het natuurlik ‘n kultuur geword en daar is baie om te leer daar oor. Op Vrydagaand, 25 Mei om 18:30 hou ons ‘n koffie-waarderingsaand waar jy meer oor die koffieproses kan leer en daarmee saam word ‘n “coffee pairing” gedoen. Kaartjies teen R150 pp moet vooraf by Ontvangs gekoop word of kontak my gerus. Dit is ‘n heerlike ervaring en gaan maak dat jy nooit weer dieselfde na koffie kyk nie.

Gasvryheid is een van ons waardes en elke gemeentelid is outomaties ‘n gasheer/-vrou op ‘n Sondag. Reik dus uit na nuwe mense, gaste of enkelinge en laat almal welkom voel. Nooi ook mense om na die oggenddienste saam in die Tent te kom kuier sodat die Tent die kuiertuiste vir almal word.

Navrae en voorstelle:
Corneille Barnard

Top