Pinkster is ‘n herinnering aan God wat vir ons die ewige lewe gegee het. Dit is ook ‘n tyd van vrygewigheid en die Dienssentrum wil graag die komende winter meer gee aan die gemeenskap. Daarom wil ons graag die Dienssentrum se kaste oorvol maak om weg te gee en vra ons dat jy ook asseblief iets sal gee as jy kan. So kan ons God se liefde en warmte hierdie winter in oorvloed aan ander gee wat dit nodig het.

Hier is ‘n lysie van goedere waarmee ons ‘n verskil kan maak:
- Klere en skoene
- Sokkies, musse, serpe
- Komberse, fleecies, duvets
- Droë produkte bv mieliemeel, pasta, rys, soppoeier, sopmengsel, cup of soup
- Blikkies bv ingemaakte vleis, vis, tuna, sweetcorn, mielies, chakalaka, tamatie&uie
- Drinkgoed bv tee, koffie, hot chocolate, suiker

Kom plaas dit gerus tydens Pinksterweek in die Dienssentrum-kis in die kerk se voorportaal. Ons sien uit daarna om te sien hoe dit groei.

Navrae: Yolandie – Dienssentrum by 021-851 5582

Top