Ons sluit Pinksterweek af met ‘n heerlike Hemelvaartfees op Donderdag
10 Mei. Vanaf 8:00 sal daar ‘n program in die Kapel wees vir die wat wil kom stil word. Kom drink gerus koffie daarna in die Tent – daar sal muffins @ R10 te koop wees.

Die aand gaan ons ‘n heerlike musiek en lofprysingsaand om 19:00 in die kerk hê. Ons wil dit sommer ‘n lekker feesgeleentheid maak met verskillende kostalletjies vanaf 17:00 en na die diens.

Kom ondersteun gerus die stalletjies en eet lekker saam voor en na die diens. Daar gaan o.a. kerrievetkoeke, boereworsrolle, kerrie rotis, pizza-snye, basaar poeding en soetgoed te koop wees. Jy kan ook al jou beesstertpotjie kaartjies vooraf by Ontvangs koop teen R50 pp.

Ons soek ook asseblief nog mense/groepe wat die verskillende stalletjies wil beman bv koeldrank, pizza, boereworsrolletjies en poedingstalletjie. En dan wyn skenkings en poedingprodukte.

Kontak asb vir Corneille Barnard vir enige navrae. Ons hoor graag van julle.

Top