Ons kuier altyd lekker saam tydens Pinksteraande met heerlike kos wat ter fondsinsameling vir projekte en bedieninge verkoop word. Die spyskaart is:
Sondagoggend – Internasionale studente: hoender en ry @ R35
Sondagaand – Kinderevangelisasie: sop en rolletjies @ R15
Maandagaand – Griekeland KT Uitreik: Griekse gevulde pitas @ R40 of R20 (halwe pita)
Dinsdagaand – Versorgingsfonds: kerrievetkoek @ R20 en kaas&konfyt vetkoeke @ R15
Woensdagaand – Pêrelprojek: sop en rolletjies @ R15

Die kos is vanaf 18:00 in die tent te koop asook na die diens. Bestellings kan vooraf by Ontvangs geplaas word om teleurstelling te voorkom. Dis altyd so ‘n lekker gevoel as jy hier instap en almal sit gesellig en saam eet. Moenie daarop uitmis nie.

As jy wil uithelp by die koffie/tee bediening die week, kontak my gerus. Enige hande is welkom sodat almal ‘n heerlike warm drinkding kan geniet.
Corneille Barnard 

Top