Persone wat graag hul lewende verhouding met Jesus Christus voor God en die gemeente wil bely word uitgenooi om dit doen op Sondag 20 Mei, die gesprek is Woensdag 16 Mei om 19:00.

Belydenisaflegging bestaan uit twee geleenthede:
- ‘n Intieme geleentheid in die Kapel waar die jongmense, hul ouers en/of familie saam nagmaal gebruik. Dié geleentheid vind plaas die Woensdag om 19:00 voor die Belydenissondag en  
- die openbare belydenis van geloof in een van die eredienste.

Belydenisvorm kan op die gemeente se webblad afgelaai word, kliek hier, en is beskikbaar by die kerkkantoor of die Tienerkerk. Sluitingsdatum is 10 Mei.

Navrae kan gerig word aan Annette Botha 

Top