Ons kuier altyd lekker saam tydens Pinksteraande met heerlike kos wat ter fondsinsameling vir projekte en bedieninge verkoop word. Die kos is vanaf 18:00 in die Tent te koop, asook na die diens. Bestellings kan vooraf by Ontvangs geplaas word om teleurstelling te voorkom.

• Sondagaand – Kinderevangelisasie: sop en rolletjies
• Maandagaand – Griekeland KT Uitreik: souvlaki
• Dinsdagaand – Versorgingsfonds: kerrie vetkoeke
• Woensdagaand – Pêrelprojek: sop en rolletjies

Donderdagaand met die Hemelvaartfees gaan daar ‘n verskeidenheid kosstalletjies vanaf 17:00 in die Tent wees sodat ons ‘n heerlike feesaand kan hê. Kom kuier gerus saam. Ons soek ook nog mense wat ‘n kosstalletjie wil behartig.
Vir navrae kontak Corneille Barnard 

Top