Kleuterpinkster 6 – 9 Mei

BlinkBen is ‘n oulik karretjie wat tydens Pinkster saam met die kleuters op reis sal gaan. Sy doen en late dra só geestelike waarhede aan die kleuters oor. Sondag-oggend, 6 Mei ontmoet die kleuters vir BlinkBen, maar sy hart is seer want hy is vuil en stukkend,
Sondagaand lees ons wat BlinkBen nodig het om te kan ry.

Maandag tot Woensdag om 18:45 tot 20:00 leer ons meer oor die reëls en tekens wat BlilnkBen moet volg. Die dinge wat BlinkBen langs die pad sien en beleef en die ander voertuie wat hy ontmoet, leer ons baie oor hoe ’n kind van God se lewensreis kan wees.

Die kinders ontvang Sondagaand, met die inskrywing ’n werksboekie waarin hulle vir die res van die Pinkstertyd elke dag se lessie se aktiwiteite in gaan doen. Die inksrywingsfooi van R60 per kind is vir die werksboekie en die res van die materiaal. Daar is ook ‘n oulike liedjie wat die kinders gaan aanleer wat die ouers ook lekker sal kan saamsing.

Ons doen ’n beroep dat die ouers vir die Kleuterkerkspan en vir ons kleuters sal voorbidding doen. Mag dit vir ons kinders ’n wonderlike ervaring wees en mag die Heilige Gees kragtig onder ons kleuters werk.

Liefde in Jesus,
Kleuterkerkspan Navrae: Lizl Botha

Top