Ons Pinksterweek is vanaf Sondag 6 Mei - Woensdag 9 Mei met elke aand ‘n byeenkoms om 19:00 in die kerk. Ons sluit Pinksterweek af met ‘n heerlike Hemelvaartfees op Donderdag 10 Mei. Vanaf die oggend 8:00 sal daar ‘n program in die Kapel wees. Daar sal heeldag verversings in die Tent te koop wees sodat jy nog bietjie kan vertoef.

Die aand gaan ons ‘n heerlike musiek en lofprysingsaand om 19:00 in die kerk hê. Ons wil dit sommer ‘n lekker feesgeleentheid maak waar ons voor en na die diens heerlik saamkuier. Ons wil dit graag doen met verskillende kostalletjies vanaf 17:00 en na die diens. Dis die ideale geleentheid vir individue en groepe wat iets wil verkoop ter aanvulling van die kerkkas fondse.>>

Elke stalletjie hoef net so vir 25-50+ mense voorsiening te maak, omdat daar ‘n verskeidenheid eetware te koop gaan wees. Dit kan enigiets wees bv koeldrank, roosterkoek, pannekoek, vetkoek, muffins, cupcakes ens.

Kontak my so gou moontlik indien julle ‘n kosstalletjie wil behartig, ‘n skenking van enige aard wil maak of met die praktiese reëlings wil help.

Kom ons vat hande om van hierdie geleentheid ‘n ware GEMEENTEFEES te maak waar ons lekker saam kuier!

Kontakpersoon: Corneille Barnard

Top