Die Sir Lowry’s Pass Projek se Saterdagskool het op 10 Februarie 2018 by Sir Lowry’s Pass Primêr afgeskop. Graad 6- en 7–leerders kry elke tweede Saterdagoggend Wiskundeklasse by Shani Steyn (tutor) en Tian Groenewald (assistent-tutor). Die klasse fokus op die vaslegging van Wiskundekonsepte en probleemoplossing. Hulle speel ook Wiskundespeletjies wat die kinders baie geniet. Die 24 leerders wat al die klasse in die eerste kwartaal bygewoon het, is op 24 Maart 2018 beloon met ‘n uitstappie na Gordonsbaai en ‘n lekker Spur-ontbyt. Ons wil Gordonsbaai Spur hartlik bedank omdat hulle vir elke leerder ‘n gratis koeldrank gegee het.

Ons is baie trots op hierdie leerders wat hard werk aan hul akademie.

Top