Voel jy gefrustreerd en sonder rigting en nuwe drome? Voel jy oorweldig deur jou alledaagse lewe?  Kom geniet ‘n kreatiewe oggend by ‘n werkswinkel wat aangebied word deur Harmony Uitreik Projek en Estelle van Wyk (Canvas Coaching & Consulting).>>

Tydens die werkswinkel gee ons onsself weer toestemming om groot te droom en sommer net weer inspirasie te vind. Hierdie interaktiewe werkswinkel kan jou help om ‘n lewe en besigheid te skep wat jou passie is. Ons kyk na die fondasies vir ‘n beter lewe nl: Waardes, Passie, Identiteit en praktiese maniere om dit te verwesenlik deur ‘n visiebord/joernaal.

Saterdag 21 April van 9:00- 16:00
Helderberg Gemeente; Firmountrweg 82, Somerset-Wes
Koste: R300 – Publiek
Fooi sluit ligte verversings en materiaal in. Bring net ‘n eie sker en gom saam.
RSVP teen 15 April by Leandra - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Lees meer oor Estelle hieroor op https://www.facebook.com/canvascoach/

Top