Lus vir ‘n lekker fees saam met mede-gelowiges? Dan moet jy nie ons Pinksterweek vanaf Sondag, 6 Mei met die bekende teoloog en skrywer – Stephan Joubert mis nie, kliek hier oor meer van Stephan. Daar sal elke aand om 19:00 ‘n byeenkoms in die kerk wees. Tradisioneel kuier ons lekker saam voor of na die diens met eetgoed wat te koop is vanaf 18:00 in die Tent. Die spyskaart sal nader aan die tyd gekommunikeer word.

Ons sluit Pinksterweek af met ‘n heerlike Hemelvaartfees op Donderdag 10 Mei. Deur die dag sal daar ‘n deuropende program vanaf 08:00 (elke halfuur) in die Kapel wees. Kom kuier oor ‘n koppie koffie in die Tent waar ligte eetgoed te koop, asook middagete te koop sal wees.

Die aand gaan ons ‘n heerlike musiek en lofprysingsaand om 19:00 in die kerk hê. Daar sal vooraf en agterna verskillende kosstalletjies wees waar jy kan koop waarvoor jy lus is. Dit is net sommer ‘n heerlike feesdag met kos vir die siel en die liggaam en geleentheid vir saamkuier. Moenie dit mis nie en nooi gerus jou bure, vriende en familie saam. Ons het rede om fees te vier want ons glo in ‘n Opgestane Here wat hier is.

Daar is ‘n beperkte hoeveelheid stalletjies beskikbaar, kontak Corneille Barnard so gou moontlik vir meer inligting as jou projek/omgeegroep of groep vriende graag ‘n kosstalletjie wil behartig.

Top