“Please South Africa and Mr Nelson Mandela, help us!” Dit was die pleidooi van Noor en Alaa Alkhateeb, twee Siriese sussies, wat hul boodskap onlangs via Twitter aan die plaaslike nuuskanaal ENCA gerig het.

Die sussies, onderskeidelik 10 en 8 jaar oud, het bekendheid verwerf deur verslag te doen oor hul lewe in die oorloggeteisterde stad Ghouta. Hulle Twitter-rekening het amper 14 000 volgers. Hul behoeftes is eenvoudig: Hulle wil skool toe gaan. Hulle wil buite speel. Hulle wil in vrede leef.

Die Alkhateeb-gesin is intussen na veiligheid gebring in Turkye, maar hulle rig steeds pleidooie namens hul landgenote. Ná die onlangse chemiese aanval in Douma, het hulle getwiet: “We are the #children of #Ghouta. At this moment we think about the children of #Douma. Please save the children of Douma.”

Die Verenigde Nasies het hierdie week bekend gemaak dat die getal ontwortelde Siriërs sedert die begin van 2018 reeds op ongeveer 700 000 staan.

Griekeland het vir baie vlugtelinge uit lande soos Sirië, Libië, Irak en Afghanistan die intreepoort tot Europa geword. Die Omonia Gemeente in Athene, onder leiding van Alexander en Eleni Melirrytou, bied ’n (tydelike) tuiste aan hierdie vlugtelinge – ’n plek waar hulle welkom is, hulp en ondersteuning kan kry, en Jesus se liefde kan ervaar. Van die vlugtelinge wat Jesus aangeneem het, het selfs al hul eie Arabiese gemeente gevestig onder die vlerk van die Omonia Gemeente.>>

Ons voel dikwels magteloos wanneer ons aan die vlugtelingkrisis dink, en ook verwyderd daarvan, omdat dit elders gebeur en ons nie werklik direk raak nie. Deur die Omonia-vlugteling-projek kan ons IETS doen.

Die projek se visie is om voort te bou op die bande wat gevestig is tydens die projek se uitreik na Omonia in 2017 en die Omonia Gemeente te ondersteun in hul vlugtelingbediening met gebed, emosionele- en praktiese hulp en ondersteuning.

Projekleier: Pia Nänny 

 

Top