Tekkiekerk het op Sondag 4 Maart, gaan besoek aflê by die oumas en oupas van Helderberg Village. Met groot opgewondenheid het die graad 4 – 6’e en hul groepleiers met Pneumatix se bussies vertrek. Hulle het die erediens by die Village bygewoon, saam gesing en spesiaal gemaakte kaartjies aan die oumas en oupas uitgedeel. Oom Eric Louw het vir ons jeug gebid en dit was vir oud en jong ‘n baie geseënde en spesiale besoek gewees.

Top